Atterbury Trust

Atterbury Trust

Non-profit Organizations

City of Tshwane, Gauteng 1,852 followers

Ons gee om

About us

Atterbury Trust is in 1994 in die lewe geroep met die hoofdoel om die opleiding van Afrikaanssprekende behoeftiges te ondersteun. Atterbury Trust ken beurslenings vir tersiêre studies aan minderbevoorregte studente toe. Die belangrikste kriteria vir die toestaan van hierdie beurslenings is finansiële behoeftigheid en geïdentifiseerde potensiaal. ’n Verdere doelstelling van die trust is om Afrikaanse skole en kleuterskole in minder-gegoede westelike voorstede van Pretoria finansieel te ondersteun. 'n Noemenswaardige aantal studente van regoor Suid-Afrika het sedert 1999 beurslenings van Atterbury Trust ontvang. Die studente wat reeds hulle studies suksesvol voltooi het lewer ’n bydrae tot die ekonomie van ons land as ingenieurs, ouditeure, onderwysers, regslui en in vele ander professionele rigtings. Atterbury Trust bevorder ook kuns en kultuur. Atterbury Teater by Lynnwood Bridge in Pretoria het vanuit die staanspoor in 2011 by die ontwikkeling van talent betrokke geraak deur middel van kwaliteitproduksies, asook die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie. Die gemeenskap van Pretoria-Wes word sedert 2014 gedien deur Triomf Kliniek. 'n Hele aantal vrywilligermedici van verskeie dissiplines is betrokke en saam help hulle behoeftige Afrikaanse mense met gratis mediese sorg. Terugploeg is 'n voedselverskaffingsinisiatief wat op 'n gereelde basis kos geskenk deur goedhartige boere op 'n verantwoordelike en verantwoordbare wyse via liefdadigheidsorganisasies versprei. Tonne en tonne kos word deurlopend deur Terugploeg uitgedeel – voorwaar hulp wat werk! Atterbury Trust Wes-Kaap bedien die gemeenskap van hierdie streek op dieselfde wyse as wat in die Pretoria-gebied plaasvind. In die Wes-Kaap bestuur Atterbury Trust Moedertaal Ontwikkeling Inisiatief (MOI). Dit is ’n hoërskoolbeursprogram vir dié gebied, gerig op omvattende ondersteuning aan behoeftige, bruin Afrikaanssprekende leerders met sterk leierseienskappe, goeie karakter en die wil om te leer en presteer.

Website
https://atterburytrust.org/
Industry
Non-profit Organizations
Company size
2-10 employees
Headquarters
City of Tshwane, Gauteng
Type
Nonprofit
Founded
1994
Specialties
bursaries, culture, assistance, and afrikaans

Locations

  • Primary

    18th Street

    Die Klubhuis, Tweede Vloer Hoek van 18de Straat en Pinaster Laan Hazelwood, Pretoria

    City of Tshwane, Gauteng 0081, ZA

    Get directions
  • 95 Dorp Street

    Stellenbosch, Western Cape 7600, ZA

    Get directions

Employees at Atterbury Trust

Updates

  • View organization page for Atterbury Trust, graphic

    1,852 followers

    MOI kuns nou op veiling beskikbaar Die uitsonderlike beeldhouwerke van ons MOI-leerders is nou op veiling beskikbaar! Onder leiding van die bekende Stellenbosch kunstenaar Jacques Buys, het ons talentvolle leerders pragtige beelde geskep wat jy kan besit. ▪ Bie aanlyn via Die Winkel app: https://lnkd.in/dZN6FQjM ▪ Laai die MOI-veiling se kunskatalogus hier af: https://lnkd.in/di3HamAk Die aanlyn-veiling is reeds oop en sluit om 18:00 op 6 Oktober 2024. Maak seker jou bod is in om een van hierdie unieke kunswerke te bekom en sodoende 'n verskil te maak in die lewens van ons MOI-leerders. Belangrik: Aankope van die beelde word as 'n skenking aan Atterbury Foundation beskou. ’n Artikel 18A-sertifikaat sal uitgereik word vir die belastingvoordele van jou skenking. Indien jy nie kan bie nie, oorweeg asseblief om 'n direkte skenking te maak. Bankbesonderhede vir skenkings: ATTERBURY FOUNDATION NPC 2007/006504/08  Nedbank: 1497193788 Takkode: 198765 Elke bydrae maak 'n verskil. Help ons om die langtermyn toekoms van die MOI-inisiatief te verseker, want ons weet jy gee ook om vir opvoeding... en kuns. ▪ Lees storie hier: https://lnkd.in/djEFkSBi ▪ Leer meer oor MOI: https://lnkd.in/dvPjg5hx #OnsGeeOm #hulpwatwerk 📷 Kyle Kingsley Green 📍 Dylan Lewis Beeldetuin

    • No alternative text description for this image
  • View organization page for Atterbury Trust, graphic

    1,852 followers

    Die kuns van MOI wees Die uitnemende beeldhouwerke van MOI-leerders is nou op veiling beskikbaar. Dit is 'n geleentheid om die talent en passie van ons jeug te ondersteun. Tydens 'n heerlike en inspirerende geselligheid is 18 pragtige beelde deur MOI-leerders bekendgestel in die asemrowende #DylanLewis Beeldetuin in Stellenbosch, tydens die #ToyotaWoordfees. Hierdie kunswerke getuig van die kreatiwiteit en toewyding van ons MOI-beurshouers. Hierdie unieke skeppings word nou via 'n aanlyn-veiling deur die Die Winkel-app te koop aangebied. Die veiling is reeds oop en sluit om 18:00 op 6 Oktober 2024. Moenie hierdie kans laat verbygaan om een of meer van hierdie uitsonderlike beelde te besit nie. Alle inkomste word ten bate van die MOI-inisiatief aangewend, om die lewens van jong leerders te transformeer. ▪ Klik hier om die Die Winkel-app af te laai: https://lnkd.in/dSABkNJX ▪ Registreer hier vir die veiling: https://bit.ly/MOI2024_Reg ▪ Leer meer oor die Die Winkel-app: https://lnkd.in/dkKVMP2f Die kurator van die veiling, Jacques Buys, is ’n bekende kunstenaar gebaseer in Stellenbosch, waar hy sy kundigheid in gieterytegnologie kombineer met sy passie vir beeldhoukuns. Hy het ons MOI leerders in hul beeldhoukuns ondersteun. Benewens die leerders se beelde is 'n kunswerk geskep deur Rudolf Gouws ook deel van die veiling ter ondersteuning van MOI. Na sy aftrede uit die bankwese het Rudolf beeldhouwerk as ’n stokperdjie begin beoefen. MOI, wat deur Atterbury Trust bestuur word, is ’n private beursfonds wat daarop gerig is om omvattende ondersteuning te bied aan behoeftige, Wes-Kaapse bruin Afrikaanssprekende leerders met sterk akademiese potensiaal, goeie karakter en 'n onblusbare wil om te leer en presteer. Ons beurshouers word op nie-akademiese terreine ondersteun om te verseker dat hulle as goed afgeronde individue ontwikkel gedurende hul MOI-ervaring. 'n Kunservaring vorm deel van hierdie ondersteuning van menswees. Om die langtermyn toekoms van MOI te verseker, is finansiële ondersteuning uit ons gemeenskap onontbeerlik. Die MOI Kunsuitstalling bied jou die geleentheid om 'n betekenisvolle bydrae te maak, want ons weet jy gee ook om. Leer meer oor MOI: https://lnkd.in/dvPjg5hx #OnsGeeOm #HulpWatWerk 📷 Kyle Kingsley Green

    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
      15
  • View organization page for Atterbury Trust, graphic

    1,852 followers

    Vandag vier ons die wye omvang van ons diverse kulture en tradisies as een nasie onder een mooi Afrika-son! Aan een en almal in die groter Atterbury Trust-familie: ons wens jul ’n dag van omgee, samesyn en vreugde! #OnsGeeOm #HulpWatWerk

    • No alternative text description for this image
  • View organization page for Atterbury Trust, graphic

    1,852 followers

    Ons studente is ons trots, en nie sonder rede nie. Winleigh Smit, van die Paarl, is verkies tot die SR by Sol-Tech vir 2025, in die Sosiaal, Kultuur en Gemeenskapsbetrokkenheid-portefeulje. “Ek wil graag positief bydra tot kampuslewe deur dinge vir studente interessant te maak.” #OnsGeeOm #hulpwatwerk

    • No alternative text description for this image

Similar pages