Atterbury Trust

Atterbury Trust

Non-profit Organizations

City of Tshwane, Gauteng 1,691 followers

Ons gee om

About us

Atterbury Trust is in 1994 in die lewe geroep met die hoofdoel om die opleiding van Afrikaanssprekende behoeftiges te ondersteun. Atterbury Trust ken beurslenings vir tersiêre studies aan minderbevoorregte studente toe. Die belangrikste kriteria vir die toestaan van hierdie beurslenings is finansiële behoeftigheid en geïdentifiseerde potensiaal. ’n Verdere doelstelling van die trust is om Afrikaanse skole en kleuterskole in minder-gegoede westelike voorstede van Pretoria finansieel te ondersteun. 'n Noemenswaardige aantal studente van regoor Suid-Afrika het sedert 1999 beurslenings van Atterbury Trust ontvang. Die studente wat reeds hulle studies suksesvol voltooi het lewer ’n bydrae tot die ekonomie van ons land as ingenieurs, ouditeure, onderwysers, regslui en in vele ander professionele rigtings. Atterbury Trust bevorder ook kuns en kultuur. Atterbury Teater by Lynnwood Bridge in Pretoria het vanuit die staanspoor in 2011 by die ontwikkeling van talent betrokke geraak deur middel van kwaliteitproduksies, asook die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie. Die gemeenskap van Pretoria-Wes word sedert 2014 gedien deur Triomf Kliniek. 'n Hele aantal vrywilligermedici van verskeie dissiplines is betrokke en saam help hulle behoeftige Afrikaanse mense met gratis mediese sorg. Terugploeg is 'n voedselverskaffingsinisiatief wat op 'n gereelde basis kos geskenk deur goedhartige boere op 'n verantwoordelike en verantwoordbare wyse via liefdadigheidsorganisasies versprei. Tonne en tonne kos word deurlopend deur Terugploeg uitgedeel – voorwaar hulp wat werk! Atterbury Trust Wes-Kaap bedien die gemeenskap van hierdie streek op dieselfde wyse as wat in die Pretoria-gebied plaasvind. In die Wes-Kaap bestuur Atterbury Trust Moedertaal Ontwikkeling Inisiatief (MOI). Dit is ’n hoërskoolbeursprogram vir dié gebied, gerig op omvattende ondersteuning aan behoeftige, bruin Afrikaanssprekende leerders met sterk leierseienskappe, goeie karakter en die wil om te leer en presteer.

Website
https://atterburytrust.org/
Industry
Non-profit Organizations
Company size
2-10 employees
Headquarters
City of Tshwane, Gauteng
Type
Nonprofit
Founded
1994
Specialties
bursaries, culture, assistance, and afrikaans

Locations

  • Primary

    18th Street

    Die Klubhuis, Tweede Vloer Hoek van 18de Straat en Pinaster Laan Hazelwood, Pretoria

    City of Tshwane, Gauteng 0081, ZA

    Get directions
  • 95 Dorp Street

    Stellenbosch, Western Cape 7600, ZA

    Get directions

Employees at Atterbury Trust

Updates

  • View organization page for Atterbury Trust, graphic

    1,691 followers

    Wat ’n wonderlike, woelige Mandeladag was dit: Atterbury Trust Wes-Kaap het met ons nuwe Terugploegbussie ‘n groep MOI leerders van Bloemhof en HS Stellenbosch Hoër geneem om te kuier met die pikkies van Devon Valley Primêr en Little Froggies nasorg. Hungry Lion het kos verskaf en daar is gesing en speletjies gespeel… Nasiebou is só belangrik by MOI, en word met soveel vreugde aangepak. Ons Pretoria-span was saam met Atterbury Property in Krugersdorp by Tjokkers kleuterskool, waar ons plaatkoekies gebak het en 70 pakkies kon uitdeel met nuwe skoene en baadjies! #OnsGeeOm #hulpwatwerk

    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
      15
  • View organization page for Atterbury Trust, graphic

    1,691 followers

    Mareli jy is ‘n Atterbury Trust alumni so na ons hart! Dankie vir jou inspirerende boodskap.

    View profile for Mareli Swanepoel, graphic

    Marketing & Enterprise Project Manager | Delivering Successful, High-Impact Projects & Campaigns from Concept to Completion

    Die seisoen het gedraai en met dié verandering word ons elkeen opnuut aan die grootsheid van die skepping herinner. Winter se bekoring lê opgesluit in die sikliese aard van die natuur en só ook die lewe – die goeie en die slegte wat daarmee gepaard gaan. Vir die natuur is dit ʼn tyd van rus, terwyl ons die tyd gegun word om bestekopname te neem en te besin oor die ryke verbondenheid wat ons menswees inkleur. In ʼn veranderende wêreld waar mense dikwels onder druk verkeer om slegs vir hulself as individue te lewe, vier Akademia mooi vanjaar die tema van verbondenheid. Hierdie viering plaas opnuut die fokus op verbande soos die gesin, die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe, die Christelike en klassieke universiteitswese, en ook ons gewaardeerde alumni. Die aard en omvang van verbondenheid word mooi in die Bybel verduidelik. In Kolossense 2: 6-12 sluit die Here met elkeen ʼn verbond wat Hom as Saligmaker en Verlosser aanneem. Gevolglik moedig Hy (die Here) ons aan om in verbondenheid met Hom te lewe, in Hom gewortel te wees, op Hom te bou en vas in geloof, met dankbaarheid, te leef. As alumni staan julle in ʼn verbondenheidsverhouding met julle alma mater. Ons is trots op elkeen van ons afgestudeerde Fonties en wil julle graag uitdaag om aktief betrokke te bly en te wees en só julle unieke “Fontie-teit” te omhels. Hierdie wederkerige verbondenheid bied aan julle opwindende geleenthede tot verdere studiegeleenthede, betekenisvolle netwerkgeleenthede, gehalte voortgesette leeropsies en die geleentheid om as verskilmakers in die gemeenskap na vore te tree. In hierdie nuwe seisoen, waar julle van studente na alumni gegroei het, wil ons julle aanmoedig om geleenthede aan te gryp en as trotse Akademia-ambassadeurs voort te bou op dié gees van verbondenheid. Een van die maniere waarop hierdie verbintenis versterk en uitgebou kan word, is deur wedersydse kommunikasie. Ons nooi julle daarom om julle suksesverhale met ons te deel en ons op hoogte te hou van hoe julle loopbaanreis en -ervaring daarvan uitsien. Hierdie meelewing dien as brandhout wat die pad vir nuwe generasies van Fonties sal verlig. Maak daarom seker dat julle kontakbesonderhede gereeld op die alumnidatabasis bygewerk word. Dit is voorts ons wens en bede dat julle ook in diepe verbondenheid met jul onderskeie gemeenskappe sal tree. Wees die verskil daar waar jy woon en werk. Ploeg terug, steek ʼn hand van bereidwilligheid op en raak besig met dinge wat ʼn ewigheidswaarde het – óf dit nou in jou gesin, gemeente, vriendekring of beroepsveld is. Tree na vore met kennis en bied aan ander ʼn belewenis van die goeie, die skone en die ware. Akademia-groete Mareli Swanepoel

    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image
    • No alternative text description for this image

Similar pages