Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- voe•ding
- Die handeling om te voed; voeding toedien; toevoer.
- Voedsel; kos; spyse.
- (figuurlik) Voeding vir die siel.
- Die regte posisie tydens voeding kan keer dat jou baba onnodig winde sluk.
- Melk verskaf die primêre bron van voeding vir pasgeborenes voordat hulle 'n groter verskeidenheid kos kan verteer.
- Jy kan nie net elke nou en dan geestelike voeding inkry en verwag om teen aanvalle staande te bly nie.
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor voeding.