Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- Hulp:IPA: [pɑːɾ]
- In groepe van twee bymekaar maak; maats maak.
- Omgang hê; kopuleer (diere).
- Dansers wat aan die volkspele deelneem moet nou paar.
- Krokodille paar in die water, waarna die wyfie 'n gat in die grond grawe waarin sy haar eiers lê.
- Twee items wat bymekaar pas; saam gebruik word.
- Twee mense wat 'n verhouding het.
- Twee of meer, maar nie baie nie; 'n klompie.
- Ek sal 'n nuwe paar skoene moet koop.
- Die paar(tjie) het twee seuns.
- Die meeste krappe kom in die see voor, maar daar is 'n paar wat in varswater voorkom, en selfs 'n paar wat op land leef.
- «Twee is paar, drie is onpaar.»
- By 'n verliefde paartjie is 'n derde persoon 'n oorlas.
- «Ek is 'n paar lengtes voor hom.»
- Vaar beter as iemand wat teen jou wedywer.
- «Hy het 'n paar kruisies agter die rug.»
- Hy is taamlik oud/bejaard.