Gaan na inhoud

grens

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Draad word soms gespan om grense aan te dui.
Enkelvoud Meervoud
  grens     grense    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  grensie     grensies  
  1. 'n Fisiese of denkbeeldige skeidingslyn; punt tussen twee dele waar die een eindig en die ander begin.
  2. (figuurlik) Uiterste mate; te ver gaan; oorskry.
  1. As ons gelukkig is kan ons die Poolse grens môre bereik.
  2. Die grens van waansinnigheid is bereik.

    Vertalings

  Vertalings:   
Engels: border(en), boundary(en)
Nederlands: grens(nl)
'n Babatjie wat ontroosbaar grens.
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  grens 
Verlede Tyd  ek   het gegrens        
  1. Hard huil; tjank.
  2. Langs mekaar lê; naby wees.
  1. Hou net op om so te grens.
  2. Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Swaziland en Lesotho.

    Vertalings

  Vertalings:   1. Hard huil
Engels: cry(en)
Nederlands: huilen(nl), janken(nl), grienen(nl) verouderd:krijten(nl), wenen(nl)
  Vertalings:   2. Langs mekaar
Engels: border(en)
Nederlands: grenzen(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor grens.