Wurmbea hiemalis
Voorkoms
Wurmbea hiemalis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Liliales |
Familie: | Colchicaceae |
Genus: | Wurmbea |
Spesie: | W. hiemalis
|
Binomiale naam | |
Wurmbea hiemalis B.Nord., (1986)
|
Wurmbea hiemalis is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Colchicaceae familie. Dit plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Kaapse Skiereiland voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die plant het 'n voorkomsgebied van 540 km² en daar is tussen vyf tot tien subpopulasies oor. 'n Klompie subpopulasies het verlore gegaan weens ontwikkeling deur die Kaapse Munisipaliteit by veral Houtbaai, Kampsbaai en Leeukop. Die oorblywende populasie word deur indringerplante bedreig.