Gaan na inhoud

Witborskraai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Witborskraai
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Corvidae
Genus: Corvus
Spesie:
C. albus
Binomiale naam
Corvus albus
      verspreiding
Corvus albus
Clamator glandarius Corvus albus

Die witborskraai is 'n algemene, wydverspreide standvoël. Dit is 'n vrypostige voël wat gewoonlik in bewoonde gebiede voorkom waar hulle stukkies weggooikos soek.

Identifikasie

[wysig | wysig bron]

Die voël word aan sy wit bors en kraag uitgeken, en word 46–52 cm groot.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Hulle word veral by vullishope, speelterreine, langs hoofpaaie en by landerye gesien. Boer meestal in los swerms en oornag dikwels in groot getalle saam.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en die hele Suid-Afrika, met uitsondering van die Kalahari en die noordelike dele van die Vrystaat.

Geluid

[wysig | wysig bron]

Uiter 'n harde "kwaak".

Ander name

[wysig | wysig bron]
  • Engels: "Pied crow"
  • Wetenskaplike naam: Corvus albus

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]