Wilhelm Marx
Wilhelm Marx | |
Rykskanselier Wilhelm Marx | |
17de Kanselier van die Duitse Ryk
8ste Kanselier van die Republiek van Weimar | |
Ampstermyn 30 November 1923 – 15 Januarie 1925 | |
Vise | Karl Jarres |
---|---|
President | Friedrich Ebert |
Voorafgegaan deur | Gustav Stresemann |
Opgevolg deur | Hans Luther |
19de Kanselier van die Duitse Ryk
10de Kanselier van die Republiek van Weimar | |
Ampstermyn 17 Mei 1926 – 12 Junie 1928 | |
Vise | Oskar Hergt (1927-1928) |
President | Paul von Hindenburg |
Voorafgegaan deur | Hans Luther |
Opgevolg deur | Hermann Müller |
6de Minister-president van die Vrystaat Pruise
| |
Ampstermyn 18 Februarie – 6 April 1925 | |
Voorafgegaan deur | Otto Braun |
Opgevolg deur | Otto Braun |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 15 Januarie 1863 Keulen, Duitse Bond |
Sterf | 5 Augustus 1946 (op 83) Bonn, Wes-Duitsland |
Politieke party | Sentrumsparty |
Eggenoot/-note | Johanna Verkoyen |
Kind(ers) | 4 |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Wilhelm Marx (Keulen, 15 Januarie 1863 – Bonn, 5 Augustus 1946) was 'n Duitse regsgeleerde en politikus. Hy was twee keer die rykskanselier (regeringsleier) van die Republiek van Weimar ('n vroeër inkarnasie van Duitsland).
Marx was die seun van 'n onderwyser. Hy studeer regte in Bonn en werk daarna veral by howe, onder meer as 'n regter. Van 1907 tot 1921 was hy 'n appèlregter (Oberlandesgerichtsrat) in Düsseldorf en later senaatspresident van die appèlhof (Kammergericht) in Berlyn.
As 'n lid van die katolieke sentrumsparty (Deutsche Zentrumspartei) dien hy vanaf 1899 in die parlement van Pruise en vanaf 1910 in die Duitse parlement (die Ryksdag). As 'n rustige bemiddelaar het hy homself veral op onderwys en kultuur toegespits.
In November 1923 word Marx vir die eerste keer rykskanselier. Hy het twee kabinette tot Januarie 1925 gehad, en nog twee kabinette van Mei 1926 tot Junie 1928. Tussenin was hy 'n minister onder die partylose rykskanselier, Hans Luther. Aan die begin van 1925 was Marx vir 'n maand die minister-president van Pruise.
Marx staan as kandidaat vir die sentrum-linkse partye tydens die presidensiële verkiesing van 1925, maar is deur Paul von Hindenburg verslaan.
Gedurende Duitsland se nasionaal-sosialistiese periode het Marx teruggetrokke in Bonn gewoon.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wilhelm Marx.