Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/8 Desember
Voorkoms
8 Desember: Onbevlekte Ontvangenis van Maria (Rooms-Katolieke Kerk).
- 1903 – Oorlede: Herbert Spencer, Engelse filosoof.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van die Falkland-eilande tussen die vlote van die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk vind plaas.
- 1980 – Die voormalige Beatle John Lennon word in New York vermoor.
- 1991 – Leiers van Rusland, Belarus en Oekraïne vergader om die Sowjetunie te ontbind en stig die Gemenebes van Onafhanklike State.
- 1993 – Die Noord-Amerikaanse Vryhandelsooreenkoms (Nafta) word wet toe dit deur die Amerikaanse president Bill Clinton onderteken word.