Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Januarie
Voorkoms
1 Januarie: Nuwejaarsdag; Kopieregvervaldag.
- 1801 – Kragtens die Act of Union smelt die Koninkryke van Ierland en Groot-Brittanje saam in die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland.
- 1954 – Apartheid: Die Wet op Bantoeonderwys, Nr. 47 van 1953, word van krag.
- 1959 – President Fulgencio Batista van Kuba vlug na die Dominikaanse Republiek nadat magte onder Fidel Castro beheer oor Havana oorneem.
- 1983 – Die ARPANET verander sy netwerkprotokol van NCP na TCP/IP, wat die begin van die Internet soos ons dit vandag ken, beteken.
- 1999 – 11 lande van die Europese Unie neem die euro as geldeenheid aan.