Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/10 Januarie
Voorkoms
- 49 v.C. – Julius Caesar en sy X Equestris-legioen kruis die Rubicon en oortree daarmee Romeinse reg en begin 'n burgeroorlog.
- 1810 – Napoleon Bonaparte skei van keiserin Joséphine, sy kinderlose eerste vrou.
- 1929 – Die Belgiese kunstenaar Hergé skep Kuifie (Frans: Tintin), 'n denkbeeldige karakter wat in meer as 200 miljoen strokiesprentboeke in 40 tale gepubliseer is.
- 1946 – Die eerste algemene vergadering van die Verenigde Nasies open in Londen. Altesaam 51 lidlande is teenwoordig.
- 1967 – Leabua Jonathan en John Vorster, eerste minister van onderskeidelik Lesotho en Suid-Afrika, ontmoet in Kaapstad.