Wet op Afsonderlike Geriewe
Die Wet op Afsonderlike Geriewe, Wet No 49 van 1953, het deel gevorm van die apartheidstelsel van rassesegregasie in Suid-Afrika.
Die wet het segregasie van alle openbare fasiliteite, insluitend geboue, eetplekke, ontspannings- en vervoergeriewe, afgedwing om kontak tussen verskillende rassegroepe in die land te beperk. Die wet het ook bepaal dat geriewe vir verskillende rasse nie noodwendig van gelyke gehalte hoef te wees nie, in praktyk is die beste geriewe vir die wit rassegroep gereserveer en was dié vir ander rasse meestal van minderwaardige gehalte.
'n Opvallende uitsondering is vir die Johannesburgse Dieretuin en aangrensende meer gemaak. Die voorwaardes waaronder die grond beskikbaar gestel is het bepaal dat alle rasse daar welkom moet wees. Rasseskeiding is gevolglik nie toegelaat vir die tyd wat die dieretuin hier geleë was nie.[1]
Die wet is in 1989 deur President F.W. de Klerk afgeskaf, 'n paar maande voor die ontbanning van verskeie politieke partye, die vrylating van politieke gevangenes en die aanvang van onderhandelinge om apartheid te beëindig in Februarie 1990.[2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Davie, Lucille (4 November 2002). "Zoo Lake: the park that defied apartheid" (in Engels). City of Johannesburg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 13 Februarie 2009.
- ↑ "S. Africa Abolishes 1953 Law Segregating Public Amenities". Los Angeles Times. 15 Oktober 1990. Besoek op 29 Augustus 2009.
- ↑ "South Africa - Dismantling Apartheid, 1990-94" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2017. Besoek op 29 Augustus 2009.