Weichai Group
Weichai Holding Group Co., Ltd. | |
Tipe | Onderneming in staatsbesit |
---|---|
Gestig | 1946 in Weihai |
Hoofkantoor | Provinsie Shandong, Volksrepubliek China |
Sleutelpersone | Tan Xuguang (voorsitter) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorbedryf, skeepsbou, intelligente logistiek |
Produkte | Dieselenjins Aandryflyne Oorbringwerk Asse Motorkomponente en -onderdele Kragopwekking Voertuie Motorjagte Hidrouliese produkte |
Inkomste | $12,88 miljard (2014) |
Netto inkomste | $812 miljoen (2014) |
Werknemers | 80 000 (2019) |
Moedermaatskappy | Shandong Heavy Industry |
Webwerf | weichai.com |
Weichai Holding Group Co., Ltd. (Chinees: 潍柴控股集团有限公司) is 'n Chinese houermaatskappy in staatsbesit wat op die ontwerp, vervaardiging en bemarking van dieselenjins fokus. Die onderneming het belange in ses verskillende sektore - enjins en voertuie, boumasjinerie, aandryflyne, luukse motorjagte, intelligente logistiek en finansiële en onderhouddienste.
Vanuit sy hoofkwartier in Weifang in die provinsie Shandong bestuur Weichai Group meer as 80 dogtermaatskappye in China en in oorsese lande. Die groep vervaardig produkte en verskaf dienste asook tegnologieë vir kommersiële voertuie, boumasjinerie, mariene kragopwekking, landboumasjinerie en landgebonde kragopwekking. Deur middel van dogterondernemings is die groep se portefeulje verder uitgebrei om vervoertourusting, busse, luukse motorjagte en hidrouliese produkte in te sluit. Daarnaas word ook finansiële en onderhouddienste aan klante verskaf.
Weichai Group se afsetmarkte in sowat 110 lande word deur meer as 35 kantore en 245 geoutoriseerde diensstasies bedien.
Waterstofaangedrewe voertuie
[wysig | wysig bron]Die Chinese regering het besluit om grootskaals in die ontwikkeling en vervaardiging van waterstofaangedrewe voertuie en die uitbou van die bestaande netwerk van waterstof-vulstasies te belê. In 2018 is beleggings ter waarde van €10,9 miljard gemaak. Die doelwit is om die wêreldmarkleier in hierdie sektor word - 'n posisie wat China reeds in die batterysegment behaal het. Chinese ondernemings, wat tot nuwe sektore toetree, trek voordeel uit staatssubsidies sodat hulle van begin af 'n wins in dié bedrywe kan maak.
Kommersiële voertuie soos busse en vragwaens, wat tot dusver hoofsaaklik deur dieselenjins aangedryf word, sal in plaas daarvan ook maklik van brandstofselle voorsien kan word. So het Weichai Power in 2018 19,9 persent van die aandele aan Ballard Power Systems, 'n Kanadese vervaardiger van brandstofselle, en 20 persent van die aandele aan die Britse onderneming Ceres Power, wat eweneens in die brandstofselbedryf werksaam is, oorgeneem. Hierdie beleggings sal die stigting van gemeenskaplike ondernemings, wat groter winsgewendheid en verminderde afhanklikheid van staatssubsidies verseker, maar ook die oordrag van tegnologie na China bevorder.
Die eerste gemeenskaplike onderneming met Ballard Power sal tot 2021 jaarliks sowat 2 000 brandstofselle vervaardig waarmee aanvanklik veral busse aangedryf word.[1]