Virginia Raggi
Virginia Raggi | |
Virginia Raggi in 2016 | |
34ste Burgemeester van Rome
(Sindaca di Roma Capitale) | |
Ampstermyn 22 Junie 2016 – 21 Oktober 2021 | |
Voorafgegaan deur | Ignazio Morino |
---|---|
Opgevolg deur | Roberto Gualtieri |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Virginia Elena Raggi 18 Julie 1978 Rome, Italië |
Politieke party | MoVimento 5 Stelle (M5S) |
Eggenoot/-note | Andrea Severini |
Kind(ers) | 1 |
Alma mater | Universiteit Roma Tre |
Handtekening |
Virginia Elena Raggi (18 Julie 1978 in Rome) is 'n Italiaanse advokaat en politikus in die party MoVimento 5 Stelle (M5S, «Vyfsterbeweging»). Sy is in Rome gebore en grootgemaak. Ná haar studies in die regte aan die Universiteit Roma Tre was sy as patenteprokureur in Rome werksaam.
Raggi, wat ná die geboorte van haar seun tot die politiek toegetree het en lid van Rome se stadsraad was, is op 22 Junie 2016 met 67,2 persent van die uitgebragte as burgemeesteres van haar geboortestad Rome en die Metropolitane Stad Rome verkies as die eerste vrou wat hierdie amp in die lang geskiedenis van die stad beklee. Die amp word as een van die moeilikste in Italië beskryf, gegewe die negatiewe invloed van nepotisme en korrupsie op die munisipale besluitnemingsprosesse wat aan Rome die reputasie van onregeerbaarheid gegee het.
Die knellendste kwessies is Rome se groot skuldlas wat twee keer so groot is soos sy jaarlikse begroting, vullisverwydering (Rome se vullisverwerkingsaanlegte is nie meer in staat om die hoofstad se afval te hanteer nie, omliggende munisipaliteite is nie meer bereid om Rome se vullis op hulle stortterreine te aanvaar nie, terwyl ook die vullisuitvoer na Oostenryk intussen gestaak is en 'n nuwe ooreenkoms met Swede gesluit moes word[1]), die slegte toestand van Rome se padnetwerk en openbare vervoer wat as bankrot beskou word ('n derde van alle busse is buite bedryf gestel, terwyl vervaardigers intussen weier om nuwe voertuie af te lewer uit vrees dat hulle nie betaal word nie)[2].
Op 25 Oktober 2019 het vakbondlede en medewerkers van munisipale ondernemings aan 'n staking deelgeneem en Raggi se bedanking geëis.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (de) Frankfurter Allgemeine Zeitung (FAZ), 17 Julie 2019: Katastrophale Zustände in Rom - Der Müll stinkt zum Himmel. Besoek op 4 November 2019
- ↑ (de) SWP.de, 9 Augustus 2017: Virginia Raggi - Die glücklose Bürgermeisterin Roms. Besoek op 4 November 2019 Geargiveer 4 November 2019 op Wayback Machine
- ↑ (de) stol.it - Nachrichten für Südtirol, 25 Oktober 2019: Rom streikt gegen Bürgermeisterin: Demo gegen Verfall der Stadt. Besoek op 4 November 2019 Geargiveer 4 November 2019 op Wayback Machine
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Virginia Raggi.