Ventersberg
Voorkoms
Ventersberg | |
---|---|
Uitloper van die Ventersberg net buite Fouriesburg
| |
Ligging | Vrystaat, Suid-Afrika |
Hoogte | 2 180 meter bo seevlak |
Reeks | Rooiberge |
Koördinate | 28°35′46″S 28°15′05″O / 28.596173°S 28.251253°O |
Bergtipe | Bergpiek |
Ligging van die Ventersberg in die Oos-Vrystaat |
Die Ventersberg is 'n bergpiek 4 km noordoos van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die bergpiek is 'n deel van die Rooiberge.
Bewaringsgebiede
[wysig | wysig bron]Die Meiringskloof-natuurpark aan die suidhange van die berg geleë, en die Uithoek-natuurpark is aan die noordweshange. Die Meiringskloof-natuurpark is 'n privaat eiendom in 'n bebosde sandsteenkloof. Die park digby Fouriesburg kan daagliks tussen 8:30 en 17:00 deur dagbesoekers verken word, maar oornaggeriewe en karavaanstaanplekke is ook beskikbaar. 'n Perk word op die getal dagbesoekers gestel weens die ekologiese sensitiwiteit van die area.