Gaan na inhoud

Vanadiumnitried

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Vanadiumnitried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule VN
Molêre massa 64,948 [g/mol][1]
CAS-nommer 24646-85-3[1]  
Voorkoms swart vastestof[1]
Fasegedrag  
Ruimtegroep Fm3
Nommer 225  
Strukturbericht B1
Smeltpunt 2340 °C[2]
Kookpunt
Digtheid 6,13 [g/cm3][1]
Oplosbaarheid onoplosbaar

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Vanadiumnitried is 'n verbinding van vanadium in sy 3 oksidasietoestand en stikstof met die chemiese formule VN.

Kristalstuktuur

[wysig | wysig bron]

Vanadiumnitried kistalliseer in die kubiese haliet-struktuur (B1 in die strukturbericht-klassifikasie).

Daar is verskeie verbindings met die B1-struktuur waarmee vanadiumnitried vaste oplossings kan vorm soos VC, VO, TiN, NbN, TiC, NbC en TaC.[3]

Die verbinding kan die beste geskryf word as VN1−x By kamertemperatuur is die homogeniteitsreeks taamlik smal (46-50 atoom% N), maar by 2000 °C verbreed dit tot VN0, 7 Bo hierdie temperatuur vernou dit weer en die stoïgiometiese fase VN smelt kongruent by 2340 °C[2]

Chemiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

Die verbinding kan op 'n verskeidenheid maniere verkry word. Een is die direkte sintese uit die elemente, 'n ander is die karbotermiese reduksie van 'n oksied van vanadium. Hierdie prosesse word tipies uitgevoer onder 'n atmosfeer van suiwer, suurstof- en vogvrye stikstof of ammoniak by verhoogde temperature [4]

Dit is egter selfs moontlik om VN te verkry deur die metaal te balmaal onder 'n stikstofatmosfeer van 11 bar.[4]

Karbotermale reduksie verloop soos:[4]

Maar hierdie reaksie sal altyd mengkristalle van VN en VC oplewer wat koolstof bevat.

Fisiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

VN het toenemende aandag gekry as gevolg van sy fisiese eienskappe, insluitend uiterste hardheid, hoë smeltpunt, slytasie- en korrosiebestandheid, goeie elektriese en termiese geleidingsvermoë, hoë-temperatuur stabiliteit, asook goeie katalitiese aktiwiteit. [5]

VN is 'n supergeleier met oorgangstemperatuur wat wissel van 2 tot 9 K[4]

Gebruike

[wysig | wysig bron]

Die toediening van VN, as 'n belangrike staalbymiddel, kan toegeskryf word aan die voordelige effek daarvan op fynkorrel en presipitasieversterking, wat die werkverrigting van staal kan verbeter. Dit kan die koste van die smeltproses verminder deur stikstof te gebruik om staal se vanadiuminhoud te verminder.[5] Tradisionele toepassings van hierdie materiale wissel van snygereedskap en strukturele materiale tot magnetiese en elektriese komponente, supergeleidende toestelle en elektrodemateriale vir superkapasitors. Boonop is daar toenemende belangstelling vir VN as 'n katalisator bekend vir sy selektiwiteit en stabiliteit in hidroprosessering en hidrobehandeling.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Vanadium nitride". Sheffield U.
  2. 2,0 2,1 V.A. Gorshkov, P.A. Miloserdov, O.D. Boyarchenko, I.D. Kovalev, O.A. Golosova (2024). "High-temperature synthesis of cast vanadium nitrides and aluminum oxynitrides". Ceramics International. 50 (12): 21821–21826, . doi:10.1016/j.ceramint.2024.03.294.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. Hugh O. Pierson (1996). Handbook of Refractory Carbides & Nitrides: Properties, Characteristics ... William Andrew. ISBN 081551770-X. Vanadiumnitried op Google Boeke
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 M.A. Roldan, V. López-Flores, M.D. Alcala, A. Ortega, C. Real (2010). "Mechanochemical synthesis of vanadium nitride". Journal of the European Ceramic Society. 30 (10): 2099–2107. doi:10.1016/j.jeurceramsoc.2010.04.008.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. 5,0 5,1 "vanadium nitride". green earth chem.