Universiteit van Amsterdam
Voorkoms
Universiteit van Amsterdam | |
---|---|
Geboue van die Universiteit van Amsterdam. | |
Latyn: Universitas Amstelodami | |
Gestig: | 1632 |
Tipe: | Openbare universiteit |
President: | Vakante |
Rektor: | Prof dr Dymph van den Boom |
Personeel: | 2 360[1] |
Studentetal: | 29 783[1] |
Ligging: | Amsterdam, Noord-Holland, Nederland
52°22′6″N 4°53′25″O / 52.36833°N 4.89028°O |
Kampus: | stedelik |
Kleure: | Rooi en swart |
Affiliasies: | LERU, UNICA, EUA, Universitas 21 |
Webtuiste: | uva.nl |
Die Universiteit van Amsterdam (UvA) is een van die twee universiteite wat in Amsterdam, die hoofstad van Nederland, gesetel is. Die ander een is die Vrije Universiteit Amsterdam (VU).
Met 'n begroting van amper €600 million,[2] meer as 30 000 studente en omtrent 5 000 staflede, is die UvA een van die hoof universiteite in Europa. Die universiteit het 'n sterk internasionalisasie program en bied meer as 85 meestersprogramme in Engels aan, asook 'n aantal Nederlandse en Engelse kursusse.
Fakulteite
[wysig | wysig bron]Die universiteit het in 2007 die volgende fakulteite gehad:
- Fakulteit vir Geesteswetenskappe
- Fakulteit vir Regsgeleerdheid
- Fakulteit vir Geneeskunde
- Fakulteit vir Tandheelkunde
- Fakulteit vir Natuurwetenskappe, Wiskunde en Informatika
- Fakulteit Ekonomie en Bedryfskunde
- Fakulteit vir Maatskaplike- en Gedragswetenskappe
Alumni vanaf Suid-Afrika
[wysig | wysig bron]Enkele bekende Suid-Afrikaners wat grade hier behaal het:
- Totius, beroemde Afrikaanse digter.
- N.P. van Wyk Louw, Afrikaanse digter, akademikus en dramaturg.
- James Hertzog, regter, generaal en politikus.
- Marlene van Niekerk, skryfster en filosoof.
- Jaap Steyn, kultuur- en taalhistorikus.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Facts and figures" (in Engels). University of Amsterdam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2019. Besoek op 2 Mei 2014.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2010. Besoek op 19 Desember 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Universiteit van Amsterdam. |