Uli Schmidt
| |||||
Volle naam | Ulrich Louis Schmidt | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 10 Julie 1961 | ||||
Geboorteplek | Pretoria, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,8 m | ||||
Massa | 90 kg | ||||
Skool | Hoërskool Hendrik Verwoerd | ||||
Universiteit | Universiteit van Pretoria | ||||
Vername familie | Louis Schmidt | ||||
Beroep | Geneesheer | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Haker | ||||
Springbokno. | 544 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Weermag RVK | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1986-1992 1993-1994 |
Blou Bulle Transvaal |
136 34 |
|||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1986-1994 | Suid-Afrika | 17 | (9) |
Ulrich Louis (Uli) Schmidt (gebore 10 Julie 1961 in Pretoria, Suid-Afrika) is 'n voormalige Springbokrugbyspeler, en seun van die Springbok Louis Schmidt. Hy het op haker vir die Blou Bulle in die Curriebeker gespeel en later vir die Goue Leeus. Hy was ook later die amptelike spandokter vir die Springbokke.
Schmidt het sy eerste buiging vir die Springbokspan op 24 jarige ouderdom op 10 Mei 1986 gemaak tydens 'n toets teen die Nieu-Seelandse Kavaliers te Nuweland, 'n wedstryd waarin die Springbokke met 'n telling van 21–15 geseëvier het. Daarna speel hy in drie opeenvolgende toetse teen dié Nieu-Seelandse span. Later speel hy weer vir die Springbokke in 1989 in twee toetse teen 'n Wêrelduitnodigingspan.
In 1992 haal hy twee keer die Springbokspan in toetse teen die All Blacks en Wallabies. In die daaropvolgende seisoen het hy vyf keer die Springbokspan gehaal en in twee toetse teen die Franse Hane gespeel en drie toetse teen die Wallabies in Australië. In 1994 het hy vier keer die Springbokspan gehaal en sy laaste toets vir Suid-Afrika op 26 November te Cardiff Arms Park gespeel waar die Springbokke 'n oorwinning oor Wallis behaal het.
In 2006 verhuis Schmidt na Australië waar hy tans aan die Nieu-Suid-Walliskus woon en as geneesheer werk.
Hy was 'n rugbykommentator by SuperSport.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Uli Schmidt by SARugby.co.za
- Uli Schmidt by www.genslin.us/bokke