USS Alabama
Voorkoms
USS Alabama
Vaartuig klas | South Dakota klas slagskip |
---|---|
Gebruik | museum skip |
Amptelike naam | USS Alabama |
Konflik | Tweede Wêreldoorlog |
Vernoem na | Alabama |
Geleë in administratiewe eenheid | Mobile |
Ligging | Battleship Memorial Park |
Geografiese ligging | 30°40′54″N 88°0′53″W |
Land van oorsprong | Verenigde State |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | Norfolk Naval Shipyard |
Ligging van vervaardiging | Norfolk Naval Shipyard |
Openingsdatum | 16 Februarie 1942 |
Erfenisbenaming | National Register of Historic Places listed place, National Historic Landmark |
Amptelike webwerf | http://www.ussalabama.com |
Vlagstaat | Verenigde State |
Teken nommer | BB-60 |
Die USS Alabama was 'n slagskip van die Amerikaanse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Die skip het 38 000 ton water verplaas en was toegerus met nege 16-duim kanonne. Hy het ook oor twintig 5-duim meerdoelige kanonne beskik. Die skip was aangedryf deur turbines wat 130 000 dryfasperdekrag gelewer het en 'n kruisspoed van 28 knope verseker het.
Klas
[wysig | wysig bron]Die Alabama was in die South Dakota klas, die tweede generasie slagskepe van die Amerikaanse herbewapeningsprogram voor die Tweede Wêreldoorlog. Dié klas was ietwat korter as hul voorgangers maar beter gepantser. 'n Unieke kenmerk van die skip was die groot aantal lugafweerkanonne op die bowerk.
Bron
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met USS Alabama (BB-60). |
- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3