Tuvalu
| |||||
Nasionale leuse: Tuvalu mo te Atua (Tuvaluaans vir: "Tuvalu vir die Almagtige") | |||||
Volkslied: Tuvalu mo te Atua (Tuvaluaans vir: "Tuvalu vir die Almagtige") Koninklike volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") | |||||
Hoofstad | Funafuti | ||||
Grootste stad | Funafuti | ||||
Amptelike tale | Tuvaluaans en Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Charles III Tofiga Vaevalu Falani Feleti Teo | ||||
Onafhanklikheid | 1 Oktober 1978 1 Oktober 1986 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
26[1] km2 (192ste) 10 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2017-sensus - Digtheid |
11 900 (194ste) 10 645 475,88 / km2 (27ste) 1 232,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,641[3] (130ste) – medium | ||||
Gini (2010) | 39,1[4] – medium | ||||
Geldeenheid | Tuvaluaanse dollar (TVD) en Australiese dollar (AUD) ( – )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC 12) nie toegepas nie (UTC 12) | ||||
Internet-TLD | .tv | ||||
Skakelkode | 688 |
Tuvalu of Toewaloe (Engels: [tuˈvɑːluː], ), voorheen Ellice-eilande (Ellice Islands), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië suid van die ewenaar met 'n oppervlakte van 26 km² en 'n bevolking van 11 900 in 2021. Tuvalu lê in die ooste van die Salomonseilande, in die suidooste van Nauru, in die suidweste van Kiribati, in die weste van Tokelau, in die noordweste van Samoa en in die noorde van Wallis en Futuna en van Fidji. Dit is halfpad tussen Australië en Hawaii geleë. Die hoofstad en grootste stad is Funafuti.
Die eerste inwoners van Tuvalu was Polinesiërs. Die nedersettingspatroon wat vermoedelik plaasgevind het, is dat die Polinesiërs van Samoa en Tonga na die Tuvaluaanse atolle migreer het, met Tuvalu wat 'n staprol kon bied vir migrasie na die Polinesiese buitewyke-gemeenskappe in Melanesië en Mikronesië.
Die argipel is in 1568 deur die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña de Neira tydens sy ekspedisie op soek na Terra Australis vir Europa ontdek. In 1819 is die eiland Funafuti Ellice-eiland genoem na aanleiding van Alexander George Findlay se werk; die naam is aansluitend vir al nege eilande toegepas. Die Ellice-eilande het in die laat 19de eeu onder die invloed van die Verenigde Koninkryk gekom nadat die Britte hul invloedsfeer in die Stille Oseaan met die Duitse Keiserryk gereël het.[5] Tussen 9 en 16 Oktober 1892 is elkeen van die Ellice-eilande deur kaptein Gibson van die HMS Curacoa tot 'n Britse protektoraat geproklameer. Die Ellice-eilande is vanaf 1892 tot 1916 deur 'n residensiële kommissaris as deel van die Britse Wes-Stille Oseaan Gebiede geadministreer en het aansluitend tot 1976 deel uitgemaak van die Gilbert- en Ellice-kolonie.
In Desember 1974 is 'n referendum gehou waarin bepaal is of die Ellice- en Gilbert-eilande elkeen hul eie administrasie moes hê. As gevolg van dié referendum het die Gilbert- en Ellice-kolonie op 1 Januarie 1976 ophou bestaan en die afsonderlike Britse kolonies van Kiribati en Tuvalu is gestig. Tuvalu het op 1 Oktober 1978 sy volle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk ontvang. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Op 5 September 2000 het Tuvalu die 189ste lidland van die Verenigde Nasies geword. In onlangse jare het Tuvalu vir die verhuring van sy internettopvlakdomein .tv aan veral televisiestasies bekend geword en hiermee 'n nuwe bron van inkomste verkry.[6]
Tuvalu se grondgebied word ernstig bedreig deur stygende seevlakke, veroorsaak deur aardverwarming. Op 10 November 2023 het die Australiese eerste minister Anthony Albanese en sy Tuvaluaanse eweknie Kausea Natano tydens die plaaslike forum Stille Oseaan-eilandforum (PIF) op die Cookeilande 'n ooreenkoms onderteken, waarvolgens jaarliks 280 Tuvaluane – uit 'n bevolking van sowat 11 900 in 2021 – na Australië sal mag migreer, waar hulle kan werk, studeer en bly. Hulle word ook toegelaat om Australiese burgerskap te ontvang.[7][8]
Etimologie
[wysig | wysig bron]Tuvalu beteken in Tuvaluaans "agt staan saam" (vergelyk *walo wat "agt" in Proto-Austronesies beteken) en verwys na die agt bevolkte eilande waaruit die eilandstaat bestaan.
Sport
[wysig | wysig bron]Kilikiti is 'n tradisionele sportsoort wat in Tuvalu beoefen word[9] en soortgelyk is aan krieket.[10] Te ano ("die bal") is 'n gewilde sportsoort spesifiek aan Tuvalu en word met twee ronde balle met 'n deursnee van 12 cm gespeel.[11] Te ano is 'n tradisionele spel verwant aan vlugbal, waarby twee harde balle gemaak van pandanus-blare geslaan word teen 'n groot spoed en die spanlede probeer keer dat die bal die grond raak.[12] Ander gewilde sportsoorte sluit in sokker, futsal, vlugbal, handbal, basketbal en rugby.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "3. Population by sex, annual rate of population increase, surface area and density" (PDF). Verenigde Nasies. 2012. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Tuvalu". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ (en) "Gini index – Tuvalu". Wêreldbank. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ (en) "Declaration between the Governments of Great Britain and the German Empire relating to the Demarcation of the British and German Spheres of Influence in the Western Pacific, signed at Berlin, April 6, 1886". 1886. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 23 September 2019.
- ↑ (en) Maynard, Roger (18 Julie 2010). "Internet domain riches fail to arrive in Tuvalu". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020. Besoek op 23 September 2019.
- ↑ (en) Tiffanie Turnbull (10 November 2023). "Australia offers climate refuge to Tuvalu citizens". BBC. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ (en) Daniel Hurst, Josh Butler (10 November 2023). "Australia to offer residency to Tuvalu citizens displaced by climate change". The Guardian. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ (en) Nick Squires (20 Maart 2006). "South Seas war club cricketers take a beating from football". Daily Telegraph. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ (en) Tony Squires (1 April 2006). "Testing time for tiny Tuvalu". BBC. Besoek op 27 Februarie 2024.
- ↑ (en) Bennetts, Peter; Tony Wheeler (2001). Time & Tide: The Islands of Tuvalu. Lonely Planet. ISBN 1-86450-342-4.
- ↑ (en) Tufoua Panapa (2012). "Ethnographic Research on Meanings and Practices of Health in Tuvalu: A Community Report" (PDF). Report to the Tuvaluan Ministries of Health and Education: Ph D Candidate Centre for Development Studies – "Transnational Pacific Health through the Lens of Tuberculosis" Research Group. Department of Anthropology, The University of Auckland, N.Z. p. 19, footnote 4. Besoek op 27 Februarie 2024.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Tuvalu". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Februarie 2024.
- (en) "Tuvalu". Central Intelligence Agency. Besoek op 27 Februarie 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tuvalu.
- (en) Toerisme-inligting oor Tuvalu op Wikivoyage