Gaan na inhoud

Tulium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
69 erbiumtuliumytterbium
-

Tm

Md
Algemeen
Naam, simbool, getal tulium, Tm, 69
Chemiese reeks lantaniede
Groep, periode, blok 3, 6, f
Voorkoms silwerwit metaal
Atoommassa 168,93 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie [Xe] 4f136s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 31, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 9.32 g/cm³
Smeltpunt 1818 K
(1545 °C)
Kookpunt 2223 K
(1950 °C)
Smeltingswarmte 16,8 kJ/mol
Verdampingswarmte 250 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 160 J/(mol·K)
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur heksagonaal digspakking
Strukturbericht-kode A3
Oksidasietoestande 3
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit 1,25 (Skaal van Pauling)


Tulium is ’n chemiese element met die atoomgetal 69 en simbool Tm.

Die naam verwys na Thule, 'n naam vir Skandinawië. Dit is in 1879 deur die Sweedse chemikus Per Theodor Cleve ontdek. Hy het begin met erbia wat veral Er2O3 bevat, maar hy het daaruit twee onsuiwerhede geïsoleer. Die een was bruin wat hy holmia genoem het, die ander was groen en hy het dit thulia genoem. Dit was hoofsaaklik Ho2O3 en Tm2O3. Tulium is 'n taamlik seldsame element waarvan in die aardkors net 0,52 mg per kilogram aangetref word. Dit kan uit monasiet verkry word, maar vorm slegs 0,007% daarvan.[1]

Dit is 'n glansende silwergrys metaal wat sag en pletbaar is. Oplossing van Tm3 is groen van kleur en hulle fluoresseer blou onder UV-lig. Hierdie eienskap word in die eurobanknote gebruik om vervalsing daarvan te beperk. Tulium word ook as dotering in YAG-lasers gebruik. Dit word gewoonlik as nie-giftig beskou en het geen bekende biologiese rol nie.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "education.jlab" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020.
  2. "chemicool" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend