Treilvissery
Treilvissery, of sleepnetvissery is 'n metode van visvang waar 'n visnet deur die water agter een of meer bote gesleep word.Die net wat vir treilvissery gebruik word, word 'n treil of sleepnet genoem. Hierdie beginsel vereis netsakke wat deur water gesleep word om verskillende spesies visse of soms geteikende spesies te vang.
Die bote wat vir treilvissery gebruik word, word treilers of sleepers genoem. Treilers verskil in grootte van klein oop bote met so min as 30 hp (22 kW) enjins tot groot fabriektreilers met meer as 10,000 hp (7.5 MW). Treilvissery kan uitgevoer word deur een treiler of deur twee treilers wat saam visvang.
Treilvissery word ook algemeen gebruik as 'n wetenskaplike monsterneming, of opname, metode.[1]
Omgewingseffekte
[wysig | wysig bron]Alhoewel treilvissery vandag sterk gereguleer word in sommige lande, bly dit die teiken van baie betogings deur omgewingsbewustes. Omgewingskwessies wat met treilvissery verband hou, verwys na twee gebiede: die gebrek aan selektiwiteit en die fisiese skade wat die treil aan die seebodem aanrig.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Not found". Mass.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2018.
- ↑ Urbina, Ian (28 Julie 2015). "A Renegade Trawler, Hunted for 10,000 Miles by Vigilantes". The New York Times.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Clover, Charles. 2004. The End of the Line: How overfishing is changing the world and what we eat. Ebury Press, London. ISBN 0-09-189780-7
- March, E. J. (1953). Sailing Trawlers: The Story of Deep-Sea Fishing with Long Line and Trawl. Percival Marshal and Company. Reprinted by Charles & David, 1970, Newton Abbot, UK. ISBN 0-7153-4711-X
- FAO (2007) Workshop on standardization of selectivity methods applied to trawling Fisheries Report No. 820. ISBN 978-92-5-005669-2
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Treilvissery.
- Anthoni, J Floor (2003) FAQs about marine reserves and marine conservation
- Borley, John Oliver (1911). "Trawling, Seining and Netting". Encyclopædia Britannica (11de) 27. 217–222.
- Known Trawling Grounds of the World (2000) World Resources Institute.
- Information on the destructive side effects of trawling
- Natural Resources Defense Council: Protecting Ocean Habitat from Bottom Trawling