Thomas R. Ross
Thomas Randolph Ross | |
Ampstermyn 4 Maart 1819 – 3 Maart 1823 | |
Ampstermyn 4 Maart 1823 – 3 Maart 1825 | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | New Garden Township, Pennsylvania | 26 Oktober 1788
Sterf | 28 Junie 1869 (op 80) Lebanon, Ohio |
Politieke party | Demokraties-Republikeinse Party |
Thomas Randolph Ross (26 Oktober 1788 – 28 Junie 1869) was 'n Verteenwoordiger in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers vir Ohio.
Hy is gebore in New Garden Township, Pennsylvanië. Hy het regte studeer en is toegelaat tot die balie, waarna hy in Lebanon, Ohio in 1810 begin praktiseer.
Ross is as lid van die Demokraties-Republikeinse Party verkies tot die 16de en 17de kongresse van die Verenigde State, en as 'n Crawford-Republikein tot die 18de Kongres. (4 Maart 1819 – 3 Maart 1825).
Hy het gedien as voorsitter van die Komitee op Hersiening en Onvoltooide Sake (Sewentiende en Agtiende Kongresse). Hy was 'n onsuksesvolle kandidaat vir herverkiesing tot die 19de kongres in 1824. Hierna het hy voortgegaan met sy praktyk in Lebanon. Hy het in 1866 sy sig verloor. Hy sterf op 28 Junie 1869 op sy plaas naby Lebanon, Ohio, en is ter ruste gelê in die Lebanon-begraafplaas. Sy swaer was die voormalige Goewerneur van Ohio, Thomas Corwin, wat getroud was met Ross se suster Sarah.
Bronne
[wysig | wysig bron]Huis van Verteenwoordigers van die VSA | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur William Henry Harrison |
Verteenwoordiger vir Ohio se eerste kiesafdeling 1819-03-04 – 1823 |
Opgevolg deur James W. Gazlay |
Voorafgegaan deur John Wilson Campbell |
Verteenwoordiger vir Ohio se 2de kiesafdeling 1823–1825-03-03 |
Opgevolg deur John Woods |