Thiruvananthapuram
Voorkoms
Thiruvananthapuram തിരുവനന്തപുരം | |
---|---|
Stad | |
Byname: "Immergroen stad van Indië" | |
Koördinate: 8°29′15″N 76°57′09″O / 8.48750°N 76.95250°O | |
Land | Indië |
Deelstaat | Kerala |
Distrik | Thiruvananthapuram |
Regering | |
• Tipe | Thiruvananthapuram-korporasie |
• Burgemeester | V K Prasanth |
• Adjunkburgemeester | Rakhi Ravikumar |
Oppervlak | |
• Stad | 214,86 km2 (82,96 vk. myl) |
Hoogte | 10 m (30 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 957 730 |
• Digtheid | 4 454/km2 (11 540/vk. myl) |
• Metro | 2 647 121 |
Tydsone | UTC 5:30 (IST) |
Poskode | 695 XXX |
Skakelkodes | 0471 |
Webwerf | corporationoftrivandrum.in |
Thiruvananthapuram (Malayalam: തിരുവനന്തപുരം, Tiruvaṉantapuram, [t̪iruʋənən̪t̪əpurəm], ), vroeër Trivandrum, is die hoofstad en grootste stad van die Suidwes-Indiese deelstaat Kerala, met 'n bevolking van 957 730 in 2011. Die stad is in die verre suide van die Indiese subkontinent geleë en is 'n belangrike hawestad aan die Indiese Oseaan. Thiruvananthapuram is deur Mahatma Gandhi "Immergroen stad van Indië" genoem en word as een van Indië se mees leefbare stede beskou.