TM 1517
Voorkoms
Katalogusnommer | TM 1517 |
---|---|
Spesie | Paranthropus robustus |
Plek ontdek | Kromdraai, Suid-Afrika |
Datum ontdek | 1938 |
Ontdek deur | Robert Broom |
TM 1517 is ’n fossiele skedel en onderkaak van die spesie Paranthropus robustus ('n hominiede). Dit is in 1938 by Kromdraai, Suid-Afrika, ontdek deur Robert Broom.
Eienskappe sluit in gehoorbuise wat onder die vlak van die wangbene geleë is (eerder soos by mense as soos by ape) en ’n vorentoe geleë foramen magnum (agterhoofopening), wat daarop dui dat dit ’n meer regop houding gehad het as moderne Afrika-ape. In vergelyking met die genus Australopithecus, is TM 1517 effens groter en meer robuus, en dit het ’n platter gesig en kleiner oogtande.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Foto van TM 1517 Geargiveer 6 Junie 2013 op Wayback Machine
- Tattersall, Ian, Schwartz, Jeffery (2000). Extinct Humans. Westview Press, Boulder CO. ISBN 0-8133-3482-9.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)