Sunette Viljoen
Sunette Viljoen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Sunette Viljoen in Zürich, 2010 | ||||||
Volle naam | Sunette Stella Viljoen | |||||
Gebore | 6 Oktober 1983 Rustenburg, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm mediumvinnig | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Enigste Toets (no 36) | 19 Maart 2002 v Indië | |||||
EDI debuut (no 26) | 20 Junie 2000 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 16 Maart 2002 v Indië | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | ||||
Wedstryde | 1 | 17 | ||||
Lopies aangeteken | 88 | 198 | ||||
Kolfgemiddeld | 44.00 | 16.50 | ||||
100s/50s | 0/1 | 0/1 | ||||
Hoogste telling | 71 | 54* | ||||
Aflewerings geboul | – | 228 | ||||
Paaltjies | – | 5 | ||||
Boulgemiddeld | – | 33.20 | ||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | – | 0 | ||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | – | n/a | ||||
Beste boulontleding | –/– | 3/27 | ||||
Vangskote/Stonkings | 0/– | 3/– | ||||
Bron: Cricinfo, 31 Mei 2020 |
Sunette Stella Viljoen (Rustenburg, 6 Oktober 1983) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat in spiesgooi spesialiseer. Sy het ook vanaf 2000 tot 2002 in internasionale krieket vir die Proteas se vrouespan gespeel. Sy verteenwoordig haar vaderland tydens die Olimpiese Speles van 2004 in Athene, 2008 in Beijing, 2012 in Londen en 2016 in Rio de Janeiro.
Atletiek loopbaan
[wysig | wysig bron]Viljoen het goud gewen by die 2009 Summer Universiade byeenkoms in Belgrado met 'n afstand van 62,52 meter in die spiesgooi vir vroue. Tydens die kwalifiseringsronde het sy 'n nuwe Afrikarekord van 65,46 meter opgestel, wat haar landgenoot Justine Robbeson se rekord van 63,49 m, wat in Februarie 2008 in Potchefstroom opgestel is, oorskry. Op 14 Junie 2010 verbeter Viljoen haar eie rekord deur 66,38 m by die Josef Odložil gedenkbyeenkoms in Praag te gooi.
Viljoen verower 'n silwermedalje tydens die IAAF Wêreldkampioenskappe in Daegu, Korea op 2 September 2011. Met 'n gooi van 68,38 m verbeter sy die Afrikarekord. Later verbeter sy weer die Afrikarekord na 69,35 m tydens die Adidas Grand Prix byeenkoms in New York in Junie 2012. Tydens die Olimpiese Spele 2012 behaal sy 'n vierde plek.
By die 2013 Wêreldatletiekkampioenskap in Moskou het Viljoen die sesde plek behaal met 'n afstand van 63,58 meter. In 2014 was sy tweede op die Statebondspele. Later in dieselfde jaar wen sy die Afrikakampioenskappe met 'n afstand van 65,32 m.
Tydens die Olimpiese Spele van 2016 in Rio wen sy die silwermedalje in die spiesgooi vir vroue.[1][2][3][4][5][6][7]
Titels
[wysig | wysig bron]- Afrika Kampioenskappe: Spiesgooi – 2004, 2008, 2010
- Statebondspele: Spiesgooi – 2006, 2010
- Universiade Kampioenskappe: Spiesgooi – 2009, 2011
- Suid-Afrikaanse Kampioenskappe: Spiesgooi – 2003, 2004, 2006, 2009
Persoonlike rekords
[wysig | wysig bron]Item | Afstand | Datum | Plek |
---|---|---|---|
Spiesgooi | 69,35 m (AR) | 9 Junie 2012 | New York |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sunette Viljoen.
- (en) Sunette Viljoen se IAAF-profiel
- (en) Sunette Viljoen by CricketArchive
- (en) Sunette Viljoen by ESPNcricinfo
- ↑ IAAF, 8 July 2009: 65.46m African record in the Javelin Throw for Viljoen in Belgrade – World University Games Day 1[dooie skakel]
- ↑ "Viljoen breaks African record". www.sport24.co.za. 14 Junie 2010. Besoek op 14 Junie 2010.
- ↑ "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2012. Besoek op 20 Julie 2012.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link) - ↑ "Sunette Viljoen Bio, Stats, and Results". Olympics at Sports-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 3 Julie 2015.
- ↑ "javelin throw women results - Athletics - London 2012 Olympics". www.olympic.org. Besoek op 3 Julie 2015.
- ↑ Mike Rowbottom (13 Junie 2015). "Dorozhon cautiously optimistic of her medal chances in Beijing". iaaf.org.
- ↑ "Former cricketer Sunnette Viljoen bags silver in javelin at Olympics". ESPN Cricinfo. Besoek op 19 Augustus 2016.