Suidwes-Afrika
| |||||
| |||||
Leuse: Viribus Unitis | |||||
Volkslied: Die Stem van Suid-Afrika | |||||
Ligging van Suidwes-Afrika | |||||
Hoofstad | Windhoek 22°56′S 17°09′E / 22.933°S 17.150°O | ||||
Taal/Tale | Afrikaans, Duits (1984–1990), Engels, Khoekhoe en Nederlands (1915–1983) | ||||
Godsdiens | Nederduitsch Hervormde Kerk, Calvinisme, Nederduitse Gereformeerde Kerk | ||||
Regering | Republiek | ||||
Geskiedenis | |||||
- Begin van die Eerste Wêreldoorlog in Duits-Suidwes-Afrika | 9 Augustus 1914 | ||||
- Stigting van Suidwes-Afrika | 9 Julie 1915 | ||||
- Verdrag van Versailles (Volkebond-mandaat onder bestuur deur die Unie van Suid-Afrika) | 28 Junie 1919 | ||||
- Trougebied van die Verenigde Nasies (nie deur Suid-Afrika aanvaar nie) | 14 Desember 1946 | ||||
- Begin van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO | 26 Augustus 1966 | ||||
- de jure onder hul eie bestuur | 27 Oktober 1966 | ||||
- Onafhanklikheid van Namibië | 21 Maart 1990 | ||||
- Suid-Afrika staan die Walvisbaai en Pikkewyn-eilande aan Namibië af | 1 Maart 1994 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1979 | 823 000 km2 317 762 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1979 skatting | 1 000 000 | ||||
Digtheid | 1,2 /km² 3,1 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Pond (1920–1961) Rand (1961–1993) |
Suidwes-Afrika (Duits: Südwestafrika, Engels: South-West Africa, Nederlands: Zuidwest-Afrika; kort SWA) is 'n voormalige Volkebond-mandaat van Suid-Afrika, wat tussen 1915 en 1990 op die gebied van die huidige Republiek van Namibië bestaan het.
Die Unie van Suid-Afrika het die gebied op 9 Julie 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog (sien Suidwes-Afrika-veldtog) van die Duitse Keiserryk verower en geannekseer. Met die Verdrag van Versailles, wat ná die Eerste Wêreldoorlog op 28 Junie 1919 onderteken is, het die Volkebond die gebied aan Suid-Afrika oordra. Op 14 Desember 1946 het die Verenigde Nasies die gebied van Suid-Afrika se heerskappy ontbind, wat die Unie geïgnoreer het en Suidwes-Afrika tot sy vyfde provinsie verklaar het.[1]
Op 27 Oktober 1966 het die Verenigde Nasies die gebied as Namibië onder sy eie regering gestel, wat tot die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO teen Suid-Afrika gelei het. 1971 het die Internasionale Geregshof die Suid-Afrikaanse besetting vir ongrondwetlik met die internasionale reg verklaar, wat sedert die mid-1970's tot 'n voortdurende oorgangsproses tot die onafhanklikheid van Namibië gelei het.
Bantoestans
[wysig | wysig bron]Die Suid-Afrikaanse regering het 10 bantoestans in Suidwes-Afrika in die laat 1960's en vroeë 1970's in ooreenstemming met die Odendaal-plan, waarvan vier selfregering toegestaan is, gestig.[2] Hierdie Bantoestans is in 1980 met outonome regerings vervang, wat op etnisiteit gebaseer was.
Die bantoestans was:
- Boesmanland
- Damaraland
- Oos-Caprivi (selfregerend 1976)
- Hereroland (selfregerend 1970)
- Kaokoland
- Kavangoland (selfregerend 1973)
- Namaland
- Ovamboland (selfregerend 1973)
- Rehoboth
- Tswanaland
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Cedric Thornberry (2004). A Nation Is Born: The Inside Story of Namibia's Independence. Gamsberg Macmillan Publishers Ltd. pp. 9–11. ISBN 978-99916-0-521-0.
- ↑ (en) World Statesman
Bronne
[wysig | wysig bron]- (de) Johannes Paul: Deutsche, Buren und Engländer in Südwestafrika. Begleitwort zu einer Nationalitätenkarte der Europäer in Südwestafrika. In: „Koloniale Rundschau“ Heft 9/10, 1931.
- (de) Johannes Paul: Deutsch-Südwestafrika. In: Handwörterbuch des Grenz- und Auslandsdeutschtums, hrsg. von Carl Petersen; Otto Scheel; Paul Hermann Ruth; Hans Schwalm.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Suidwes-Afrika.