Gaan na inhoud

Streptopelia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Tortels
Tortelduif (S. capicola) in die Krugerwildtuin
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Streptopelia

Bonaparte, 1855
Spesies

Omtrent 15, sien teks.

Streptopelia, die tortels, is 'n genus van sowat 15 voëlspesies in die duiffamilie (Columbidae). Die bekende en besonder suksesvolle genus is oorwegend in die Sub-Sahara en Eurasië tuis. Hul gereelde territoriale roepe en opvallende vertoonvlugte is kenmerkend van die genus.

Kenmerke

[wysig | wysig bron]

Al die spesies is monogaam en territoriaal, en die genders lyk eenders. Hulle is hoofsaaklik van 'n medium grootte, en hul lengtes wissel van 25 cm tot 36 cm.[1] Almal leef in bome, maar hulle voed op die grond.[1] Die verskillende spesies is baie eenvormig in voorkoms, en almal het ‘n kenmerkende swart band oor die tnokka (nekholte), waarna hulle ook vernoem is (Grieks: στρεπτός (streptós), 'n gewringde halsband, en πέλεια (péleia) 'n wilde duif).[2] Die veredos is oorwegend grys of bruin met ‘n wisselende mate van pienk oor die bors. Die stertpatroon is opvallend wanneer hulle opvlieg of gaan sit[1] – donker teen die liggaam, en ligter of wit aan die sye of stertpunt.

Hul alombekende territoriale roepe word oorwegend in die vorm van 'n monotone en herhalende koer geuiter. By die mannetjie se stygende vertoonvlug uit 'n boom word die vlerke oordrewe, en soms hoorbaar, geklap. By die toppunt van hierdie kort vlug word die vlerke uitgestrek, en word daar in 'n wye draai na 'n nuwe sitplek afgesweef.[1] Die nes is soos by ander duiwe 'n skrapse platvorm van takkies, en 'n legsel van slegs een of twee wit eiers word daarop gelê.

Veral in die trope en subtrope van Afrika en Suid-Asië kom etlike spesies baie talryk in 'n verskeidenheid habitatte voor. Twee spesies het tans 'n baie meer omvangryke verspreiding as voorheen. Die Turkse tortel (Streptopelia decaocto) het op eie houtjie uit sy oorspronklike verspreidingsgebied, d.i. die warmer gematigde streke van suidoostelike Europa tot Japan, versprei om ook die orige deel van Europa in te neem, en Groot-Brittanje teen 1960 en Ierland kort daarop te bereik. Dit is ook in die VSA ingevoer, waar dit teen 1999 reeds in 22 state aangeteken is.

Taksonomie

[wysig | wysig bron]

Die Streptopelia-genus is in 1855 deur die Franse voëlkundige Karel Lucien Bonaparte ingevoer.[3] In 1855 het die Engelse dierkundige George Robert Gray die gedomestiseerde Berbertortel (S. risoria), as die tipespesie aangedui.[4][5] Alhoewel die naam Streptopelia risoria as 'n geldige naam deur die Internasionale Kommissie vir Dierkundige Nomenklatuur aanvaar word,[6] mag die Berbertortel 'n gedomestiseerde vorm van die Roostortel (S. roseogrisea) wees.[7]

Spesies

[wysig | wysig bron]

Die genus bestaan uit die volgende spesies:[8]

[wysig | wysig bron]

Naverwante taksa is die twee eilandtortels van genus Nesoenas en die twee rooiborsduiwe, wat volgens die "IOC World Bird List" in genus Spilopelia geplaas word:

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Maclean, Gordon Lindsay; Newman, Kenneth; Lockwood, Geoff (1984). "Turtle Doves (Genus Streptopelia)". Roberts birds of South Africa (5de uitg.). Kaapstad: John Voelcker Bird Book Fund. pp. 305–306. ISBN 0-620-07681X.
  2. Jobling, James A. (2010). The Helm Dictionary of Scientific Bird Names. Londen: Christopher Helm. p. 367. ISBN 978-1-4081-2501-4.
  3. Bonaparte, Charles Lucien (1855). "Coup d'oeil sur les pigeons (quatrième partie)". Comptes Rendus Hebdomadaires des Séances de l'Académie des Sciences (in French). 40: 15–24 [17].{{cite journal}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  4. Gray, George Robert (1855). Catalogue of the Genera and Subgenera of Birds Contained in the British Museum. London: British Museum. p. 150.
  5. Peters, James Lee, red. (1937). Check-list of Birds of the World. Vol. 3. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press. p. 88.
  6. ICZN (International Commission on Zoological Nomenclature) (2008). "Opinion 2215 (Case 3380), Streptopelia risoria (Linnaeus, 1758) (Aves, Columbidae): priority maintained". Bulletin of Zoological Nomenclature. 65 (4): 327–328. doi:10.21805/bzn.v65i4.a2. S2CID 82029460.
  7. Baptista, L.F.; Trail, P.W.; Horblit, H.M.; Boesman, P.; Garcia, E.F.J. (2020). del Hoyo, J.; Elliott, A.; Sargatal, J.; Christie, D.A.; de Juana, E. (reds.). "African Collared-dove (Streptopelia roseogrisea)". Handbook of the Birds of the World Alive. Lynx Edicions. doi:10.2173/bow.afcdov1.01. S2CID 216467812. Besoek op 16 Februarie 2020.
  8. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en)