Stefan Kuryłowicz
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Stefan Kuryłowicz | |
---|---|
Gebore | Stefan Marian Kuryłowicz 26 Maart 1949 |
Sterf | 6 Junie 2011 (op 62) |
Nasionaliteit | Pole |
Beroep | argitek |
Eggenoot | Ewa Kuryłowicz |
Kinders | 2 seuns |
Stefan Marian Kuryłowicz (* 26 Maart 1949 in Warskou; † 6 Junie 2011 in Asturië, Spanje) was een van die mees toonaangewende argitekte in post-kommunistiese Pole.
Kuryłowicz, wat as dosent by die Warskouse Universiteit van Tegnologie werksaam was, het veral bekendheid met sy moderne sakegeboue van staal en glas verwerf wat die stadshorison van Warskou ná dekades van monotone kommunistiese argitektuur ingrypend verander het. In die vroeë 21ste eeu het hy ook 'n aantal woonstelblokke ontwerp.
Kuryŀowicz het in 1972 sy graad in argitektuur aan die Warskouse Universiteit van Tegnologie behaal. In 1983 het hy sy eie ateljee gestig en in die 1990's en vroeë 21ste eeu een van Pole se invloedrykste argitekte geword. Hy was 'n lid van die Raad vir Argitektuur en Ontwikkeling wat advies aan die burgemeesteres van Warskou, Hanna Gronkiewicz-Waltz, gelewer het.
Kuryłowicz is op 6 Junie 2011 saam met drie ander Poolse burgers in 'n vliegtuigongeluk in Asturië dood.[1] Hy is oorleef deur sy vrou en twee seuns.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Stefan Kuryłowicz. |