Gaan na inhoud

Spinnekopbloekom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Spinnekopbloekom
Spinnekopbloekom se vrug.
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Myrtales
Familie: Myrtaceae
Genus: Eucalyptus
Spesie:
E. lehmannii
Binomiale naam
Eucalyptus lehmannii
(Schauer) Benth., (1867)
Sinonieme
  • Symphyomyrtus lehmannii Schauer

Die spinnekopbloekom (Eucalyptus lehmannii) is 'n boom en indringerplant wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het vanaf Australië; dit is endemies in die ooste van dié land. Die boom kom voor in die kusfynbos en duine van die Oos-Kaap en die suide van die Wes-Kaap. Dit kan tot 10 m hoog word.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]
Blomme

Die plant is dig, immergroen en 'n meerstammige boom of bos. Die takke hang dikwels naby die grond. Die liggroen blare is enkelvoudig, ovaalvormig, dik en leeragtig. Die groengeel blomme lok bye vanaf Junie tot Januarie. Die rooi knoppe aan die blomme lyk soos plastiekspinnekoppe. Die vrug is 'n stekelrige, houtagtige kapsule.

Algemeen

[wysig | wysig bron]

Die boom word gekweek vir hout, sandbinding en as 'n bron van heuning.

Infraspesies

[wysig | wysig bron]

Die spesie het twee infraspesies:

  • Eucalyptus lehmannii subsp. lehmannii
  • Eucalyptus lehmannii subsp. parallela D.Nicolle & M.E.French

Bronne

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]