Skukuza-lughawe
Skukuza-lughawe | |||
---|---|---|---|
Ingang by Skukuza-lughawe in 2020 | |||
IATA: SZK – ICAO: FASZ | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | SANParke | ||
Operateur | Airlink | ||
Bedien | Krugerwildtuin | ||
Ligging | Skukuza, Mpumalanga, Suid-Afrika | ||
Hoogte bo seevlak | 1 020 vt / 311 m | ||
Landkaart | |||
Ligging in Mpumalanga | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
17/35 | 1 550 | 5 085 | Teer |
Bronne: Suid-Afrikaanse Lugvaartinligtingspublikasie[1] |
Skukuza-lughawe (IATA-kode: SZK, ICAO: FASZ)[2] is 'n klein lughawe wat die Krugerwildtuin in Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika bedien. Dit is geleë net noord van Skukuza op die Tshokwanepad.
Die lughawe is in 1958 geopen en is genoem ter ere van kol. James Stevenson-Hamilton, die eerste bewaarder van die Krugerwildtuin. In 2018 is die lughawe deur Forbes as "die mooiste lughawe ter wêreld" gedoop.[3]
Fasiliteite
[wysig | wysig bron]Die lughawe lê 311 meter (1020 voet) bo seevlak en beskik oor een geteerde aanloopbaan (aangedui as 17/35) van 1550 meter lank.[1] Volgens nuusberigte is daar in 2014 'n netjiese nuwe terminaalgebou by die lughawe opgerig, wat in die styl is van die luukse lodges wat dit bedien.[4]
Die lughawe het 'n klein geskenkwinkel sowel as 'n koffiewinkel en kroeg vir besoekers wat op hul vlugte wag. Drie inkloktoonbanke is beskikbaar, en daar is ook rusbanke beskikbaar.[5][6]
Geskeduleerde vlugte
[wysig | wysig bron]Airlink vlieg sedert 2 Junie 2014 daagliks na/van O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, (359 km ver in 'n direkte lyn), asook na/van die Kaapstad Internasionale Lughawe.[7][4]
Landvervoer
[wysig | wysig bron]Avis Rent a Car bestuur die motorhuurfasiliteite by beide Skukuza-kamp en Skukuza-lughawe. Benewens die huurfasiliteit by die lughawe, verskaf hulle 'n pendeldiens na die hoofkamp.[8][9][10] Lion Sands Reserve bied gratis pendeldienste vanaf Skukuza-lughawe vir gaste na hul reservaat.[11]
Galery
[wysig | wysig bron]-
Renosterstandbeeld by die ingang
-
Bagasie-afhaalplek
-
Naambord buite die klein terminaalgebou
-
'n Comair Douglas DC-3 by Skukuza in 1973
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Lughawekaart vir FASZ – SKUKUZA" (PDF) (in Engels). Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid. 8 Julie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Oktober 2019.
- ↑ "IATA Airport Code Search (SZK: Skukuza)". International Air Transport Association. Besoek op 17 Junie 2013.
- ↑ Bishop, Jordan. "Introducing: The Prettiest Airport In The World". Forbes (in Engels). Besoek op 6 Januarie 2020.
- ↑ 4,0 4,1 (en) Wild Card Blog: Skukuza flights to resume after 10 years Geargiveer 22 Desember 2015 op Wayback Machine URL besoek op 15 Junie 2014
- ↑ Batzofin, David (22 Maart 2015). "I re-visit Skukuza airport, Kruger National Park". Travel & Things (in Engels (VSA)). Besoek op 6 Januarie 2020.
- ↑ "Facilities". Skukuza Airport (in Engels (VSA)). Besoek op 6 Januarie 2020.
- ↑ (en) Airlink – Skukuza open vir besprekings URL besoek op 15 Junie 2014
- ↑ Staff. "Avis Opens at Skukuza Airport". www.autorentalnews.com. Besoek op 6 Januarie 2020.
- ↑ "Avis launches shuttle services between Skukuza Airport and camp". Traveller. 18 Augustus 2014. Besoek op 6 Januarie 2020.
- ↑ "Car Hire Skukuza Airport - Avis". www.avis.co.za. Besoek op 6 Januarie 2020.
- ↑ "Skukuza Airport Kruger National Park | Flying In". Lion Sands (in Engels (VSA)). Besoek op 9 Januarie 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |