Skaarswindswael
Voorkoms
Skaarswindswael | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Apodiformes |
Familie: | Apodidae |
Genus: | Schoutedenapus |
Spesie: | S. myoptilus
|
Binomiale naam | |
Schoutedenapus myoptilus (Salvadori, 1888)
|
Die skaarswindswael (Schoutedenapus myoptilus) is 'n gelokaliseerde voël en algemene broeiende besoeker na die oostelike hoogland van Zimbabwe en aangrensende Mosambiek. Dit leef in kranse en rotsagtige voorgebergtes in beboste bergstreke. In Engels staan die voël bekend as die Scarce Swift.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die voël is 17 cm lank en 25 - 30 g groot. Dit is grysbruin en die stert is lank en diep gevurk. Die kruis is donkerder. Dit is gevorm soos 'n kruising tussen 'n witkruiswindswael en palmwindswael. Die voël se vliegaksie is vinnig en effens rukkerig. Dit sweef met die vlerke teen 'n hoek ondertoe.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Schoutedenapus myoptilus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)