Sharks (Verenigde Rugbykampioenskap)
Sharks | ||||
Stigting | 1997 | |||
Ligging | Durban, Suid-Afrika | |||
Streek | KwaZulu-Natal | |||
Stadion | Hollywoodbets Kings Park | |||
Kapasiteit | 52 000[1] | |||
Rugbydirekteur | Neil Powell | |||
HUB | Eduard Coetzee | |||
Afrigter(s) | John Plumtree | |||
Kaptein(s) | Lukhanyo Am | |||
Liga(s) | Verenigde Rugbykampioenskap | |||
2021 | 3de Suid-Afrikaanse skild | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 125 John Smit | |||
Meeste drieë | 29 Stefan Terblanche | |||
Eerste wedstryd | ||||
Natal 28 – 22 Westelike Provinsie (2 Maart 1996) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Reds 16 – 59 Sharks (7 April 2007) 43 | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Crusaders 77 – 34 Sharks (14 April 2005) 43 | ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.sharksrugby.co.za |
Die Sharks is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelgeneem het van 1996 tot 2020, en sedert 2021 aan die Verenigde Rugbykampioenskap. Voor 1996 het ’n span van Natal deelgeneem aan die Super 10 in 1993 en 1994. Die konsessie dek die hele KwaZulu-Natal provinsie in Suid-Afrika en in terme van Curriebekerunies kom spelers vir die Sharks van die Natalse Haaie af. Hulle tuiswedstryde word op die Hollywoodbets Kings Park in Durban gespeel. Die span se kaptein is tans Lukhanyo Am.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1993 is Suid-Afrika verteenwoordig deur sy beste drie rugbyunies (die top drie in die vorige jaar se Curriebeker) in die Super 10. Natal het in 1993 gekwalifiseer vir die kompetisie en was saam met Auckland, Wes-Samoa, die Reds en Otago in Poel A. Hulle het tweede in die poel geëindig met 12 punte, vier punte agter Auckland. Hulle het weer in 1994 gekwalifiseer en was hierdie keer in Poel B met Nieu-Suid-Wallis, Wes-Samoa, Auckland en die Waikato Chiefs. Hulle het bo-aan die punteleër van Poel B geëindig en moes teen Queensland speel in die eindronde in Durban. Natal het die wedstryd met 21 – 10 verloor en kon nie kwalifiseer vir die 1995-seisoen nie.
In 1996 en 1997 is Suid-Afrika verteenwoordig deur die beste vier spanne (die top vier in die vorige jaar se Curriebeker) in die nuwe Super 12-toernooi. Natal het vir altwee jare gekwalifiseer. In 1996 het Natal vierde op die punteleër geëindig wat aan hulle ’n plek in die uitspeelrondes besorg het. Hulle het in die halfeindronde teen Queensland met 43 – 25 gewen en deurgedring na die eerste Super 12-eindronde. Hulle moes hiervoor na Auckland reis en het die wedstryd verloor met 45 – 21. Die volgende seisoen het Natal weer in die boonste vier geëindig maar het in die halfeindronde teen Auckland vasgeval.
In 1998 het die Coastal Sharks (soos hulle toe geheet het) 7 van hulle 11 wedstryde gewen en het derde op die punteleer geëindig. Hulle is egter in die halfeindronde deur die Canterbury Crusaders geklop. In die volgende seisoen het die Sharks sewende geëindig. Die volgende seisoen (2000) was nog slegter met die Sharks wat heel laaste op die punteleer was aan die einde van die seisoen. In 2001 het die Sharks ’n duidelike verbetering teenoor die vorige jaar getoon en tweede op die punteleer geëindig. Hulle het die Cats in die halfeindronde geklop en reis daarna na Canberra vir die eindstryd.
In 2002 het die Sharks weer swak gevaar en tiende geëindig op die punteleer. In 2003 het hulle elfde geëindig maar in 2004 het hulle weer beter gevaar deur sewende te eindig na die rondomtaliewedstryde. In 2005 het hulle egter weer baie swak vertoon en heel laaste geëindig.
Tot en met 2005 het spelers vir die Sharks van die twee rugbyunies wat in die Oos-Kaap gebaseer is, naamlik die Oostelike Provinsie (in Port Elizabeth) en Grens (in Oos-Londen), gelok. Hierdie twee unies het egter die kern van die Southern Spears gevorm wat in 2006 gestig is om in 2007 aan die Super 14 deel te neem, maar later ontsê is.
In 2006 het die Super 12-kompetisie uitgebrei na ’n kompetisie tussen 14 spanne. In die eerste Super 14-seisoen het die Sharks die uitspeelrondes net-net gemis weens ’n swakker punteverskil. In 2007 het hulle die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat bo-aan die punteleer kon eindig na die rondomtaliewedstryde en hulle was ook die eerste Suid-Afrikaanse span wat ’n eindronde op hul tuisveld kon speel. Die Sharks het in 2007 in die eindronde verloor teen die Bulls.
Die Sharks handelsmerk
[wysig | wysig bron]Daar is sedert vroeë jare van rugby in Suid-Afrika na die span van Natal as die Piesangboere (Engels: Banana Boys) verwys na aanleiding van die piesangplantasies in die provinsie. In 1995 is besluit dat die rugbyspan van Natal ’n nuwe naam en embleem moes kry. Daar is besluit op die Sharks. Die Sharks se gelukbringer is in 1995 bekendgestel maar die herbemarking het eers in 1996 ten volle gestalte gekry. Om die nuwe handelsmerk te bemark is ’n groot bedrag beskikbaar gestel om die visie met betrekking tot die wedstryde, fasiliteite, aktiwiteite voor én na die wedstryd en om die span te verfyn.
Die Sharks se gelukbringer was die idee van Terry Kukle, die eienaar van Tag International. Ian Robinson, ’n bemarking- en handelsmerkspesialis het, met die goedkeuring van Kukle, ’n strategie aan die raad van die Natalse Rugbyunie voorgelê. Na baie vergaderings is ’n besluit geneem om met die nuwe bemarking voort te gaan. Vandag is die handelsmerk van die Sharks wêreldwyd bekend.[2]
Stadion
[wysig | wysig bron]Kings Park-stadion in Durban is die Sharks se tuisveld. Weens borgskapredes staan die stadion bekend as Growthpoint Kings Park. Dit het sitplek vir 55,000 mense. Die veld word ook vir die Curriebeker deur die Natal Sharks gebruik, en soms ook vir sokkerwedstryde. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou maar is talle kere reeds herbou. Groot opknapping het plaasgevind vir die Rugbywêreldbeker 1995.[1]
Konsessiegebied
[wysig | wysig bron]Die Sharks-konsessie dek die KwaZulu-Natal provinsie. Die twee hoofareas waar die spelers vandaan kom is Durban en Pietermaritzburg.
Seisoenuitslae
[wysig | wysig bron]Super 12
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel som die Sharks se Super 12-uitslae op:[3]
Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen /- BP Pte Notas 1996 4de 11 6 0 5 389 277 112 9 33 verloor as Natal teen Auckland Blues in eindrondte 1997 4de 11 5 2 4 321 350 -29 6 30 verloor as Natal teen Auckland Blues in halfeindrondte 1998 3de 11 7 0 4 329 263 66 8 36 Verloor teen Canterbury Crusaders in halfeindrondte 1999 7de 11 5 1 5 227 232 -5 3 25 2000 12de 11 1 1 9 235 341 -106 3 9 2001 2de 11 8 0 3 322 246 76 6 38 Verloor teen Brumbies in eindrondte 2002 10de 11 4 0 7 221 309 -88 4 20 2003 11de 11 3 0 8 241 306 -65 5 17 2004 7de 11 5 0 6 267 305 -38 8 28 2005 12de 11 1 1 9 205 384 -179 5 11
Super 14
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel som die Sharks se Super 14-uitslae op:[3]
Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen /- BP Pte Notas 2006 5de 13 7 0 6 361 297 42 10 38 2007 1ste 13 10 0 3 355 214 141 5 45 Verloor teen Bulls in eindrondte 2008 3de 13 9 1 3 271 209 62 4 42 Verloor teen Waratahs in halfeindrondte 2009 6de 13 8 0 5 282 239 43 6 38 2010 9de 13 7 0 6 297 297 0 5 33
Superrugby
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel som die Sharks se Superrugby-uitslae op:
Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen /- BP1 Pte Notas 2011 6de 16 10 1 5 407 339 68 7 57 Verloor teen Crusaders in kwalifiserende rondte 2012 6de 16 10 0 6 436 348 88 11 59 Verloor teen Chiefs in eindrondte 2013 8ste 16 8 0 8 384 305 79 7 48 2014 3de 16 11 0 5 406 293 113 5 50 Verloor teen Crusaders in halfeindrondte 2015 11de 16 7 0 9 338 401 −63 6 34
1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.
Die volgende tabel som die Sharks se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:
Seisoen Pos Alg Pos Groep Gespeel Gewen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen /− BP1 Pte Notas 2016 8ste 3de 15 9 1 5 360 269 91 5 43 Verloor teen Hurricanes in kwarteindrondte 2017 8ste 3de 15 9 1 5 392 323 69 4 42 Verloor teen Lions in kwarteindrondte
Huidige span
[wysig | wysig bron]Sharks 2017 Superrugbypan
Stutte Hakers Slotte |
Losvoorspelers
Skrumskakels Losskakels |
Senters Vleuels Heelagter |
Afrigters
[wysig | wysig bron]Tussen 1996 en 1999 is die Sharks afgerig deur die voormalige Springbokafrigter, Ian McIntosh, met Hugh Reece-Edwards as sy assistent.[4] In 2000 het Reece-Edwards oorgeneem as afrigter met Jake White en Allister Coetzee as assistente. Al drie is egter in die volgende jaar vervang toe Rudolph Straeuli aangestel is as afrigter met Kobus van der Merwe as sy assistent. In 2002 het Clinton Isaacs Van der Merwe vervang as Straeuli se assistent. Die vennootskap het nie lank gehou nie en albei is afgedank voor die einde van die seisoen. Daarna is Kevin Putt aangestel in Straeuli se plek met Theo van Rensburg as sy assistent. In 2003 het Isaacs vir Van Rensburg vervang en die twee het tot aan die einde van 2005 die span afgerig.[4] Dick Muir is in 2006 aangestel as afrigter met John Plumtree as sy assistent. Plumtree is vir die 2007 Curriebekerseisoen aangestel as hoofafrigter van die span.
Kapteins
[wysig | wysig bron]- Gary Teichmann (1996–1999)
- Wayne Fyvie (2000)
- Mark Andrews (2001–2002)
- Shaun Sowerby (2003)
- John Smit (2004–2007)
- Johann Muller (2008–2009)
- John Smit (2009–2010)
- Keagan Daniel (2011–2013)
- Bismarck du Plessis (2014-2015)
- Patrick Lambie (2016-)
Prestasies
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Kort geskiedenis van die Absa-stadion Durban". Sharks Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2006. Besoek op 2 Februarie 2007.
- ↑ (en) "The Sharks Brand". sharksrugby.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2007. Besoek op 23 April 2007.
- ↑ 3,0 3,1 "Superrugby spanbesonderhede (Sharks)" (in Engels). Lassen Creative Technologies Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 16 Maart 2010.
- ↑ 4,0 4,1 McIlraith (2005), p 329.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Howitt, Bob (2005). SANZAR Saga – Ten Years of Super 12 and Tri-Nations Rugby. Harper Collins Publishers. ISBN 1-86950-566-2.
- McIlraith, Matt (2005). Ten Years of Super 12. Hodder Moa. ISBN 1-86971-025-8.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Sharks (Superrugbyspan). |
- (en) Amptelike webblad