Gaan na inhoud

Sendelingposisie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die basiese posisie waarin ’n man en vrou se voorkante na mekaar wys tydens seks.
Twee mans in die posisie tydens anale seks.

Die sendelingposisie of die man-bo-posisie is ’n seksposisie waarin ’n vrou gewoonlik tydens vaginale seks op haar rug lê en ’n man bo-op haar terwyl hulle na mekaar kyk.[1] [2] Dit kan ook vir ander soorte seksuele aktiwiteite gebruik word, soos anale seks.[3] Dit word algemeen verbind met heteroseksuele seks, maar word ook deur paartjies van dieselfde geslag beoefen.[3]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die sendelingposisie is die algemeenste seksposisie vir paartjies, maar word nie as die gunstelingposisie beskou nie.[4] Dit kan gebruik word vir penetrerende seks of vir niepenetrerende seks, soos wanneer die geslagsdele teen mekaar gevryf word, en die penis-vaginale aspek daarvan is ’n voorbeeld van gesig-tot-gesigseks gunstig vir voortplanting.[5] Variasies op die posisie laat wisselende grade van kiltorale stimulasie, diepte van penetrasie, deelname deur die vrou en die waarskynlikheid en spoed van orgasme toe.

Die posisie word dikwels verkies deur mense wat die romantiese aspek van vel-tot-velkontak geniet, asook om in mekaar se oë te kyk, te soen en mekaar te liefkoos. Dit word ook beskou as ’n goeie posisie vir voortplanting.[6] Die sendelingposisie gee die man kans om die ritme en diepte van penetrasie te beheer. Die vrou kan ook help deur haar heupe vorentoe en agtertoe te beweeg of hom stywer vas te druk met haar arms of bene. Die posisie is ongunstiger vir die laat stadiums van swangerskap of wanneer die vrou groter beheer wil hê.

Daar word algemeen geglo die term "sendelingposisie" spruit uit die feit dat Engelssprekende Christelike sendelinge die posisie in die koloniale tydperk aan mense geleer het wat hulle gekersten het.[7] Die term het egter moontlik sy ontstaan uit Alfred Kinsey se boek Sexual Behavior in the Human Male as gevolg van ’n sameloop van misverstande en misinterpretasies van historiese dokumente.[8][9]

Die Franse het daarna verwys as die "klassieke posisie", die Toskane as die "engeleposisie" en sommige Arabiese groepe as die "manier van die slange".[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Sendelingposisie" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 26 November 2019.
  2. "Missionary position".. URL besoek op 24 Januarie 2013. 
  3. 3,0 3,1 "What is the missionary position?" (in Engels). Go Ask Alice! (Columbia University). 26 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019. Besoek op 5 Desember 2015.
  4. "The Missionary Position" (in Engels). Sexual Health Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2018. Besoek op 2 Februarie 2008.
  5. Dixson, Alan F. (1998). Primate Sexuality: Comparative Studies of the Prosimians, Monkeys, Apes, and Human Beings. Oxford, Engeland: Oxford University Press. p. 113. ISBN 978-0-19-850182-4.
  6. "Sex Position – Missionary / The Man-on-Top Position" (in Engels). sexual-health-resource.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2008. Besoek op 2 Februarie 2008.
  7. Roberts, Amanda; Padgett-Yawn, Barbara (1998). Reader's Digest Guide to Love & Sex. Reader's Digest Association. ISBN 9780762100439. Besoek op 27 Julie 2015.
  8. "Assuming the missionary position… again". The Straight Dope. Cecil Adams. 17 Junie 2005.
  9. Priest, Robert J. (2001). "Missionary Positions: Christian, Modernist, and Postmodernist". Current Anthropology. 42 (1): 29–68. doi:10.1086/318433. PMID 14992209.
  10. Lister, Larry. Human Sexuality, Ethnoculture, and Social Work. p. 15.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]