Gaan na inhoud

Seleen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
34 arseenseleenbroom
S

Se

Te
Algemeen
Naam, simbool, getal seleen, Se, 34
Chemiese reeks nie-metale
Groep, periode, blok 16, 4, p
Voorkoms grys, metaalglans
Atoommassa 78.96 (3) g/mol
Elektronkonfigurasie [Ar] 3d10 4s2 4p4
Elektrone per skil 2, 8, 18, 6
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) (grys) 4.81 g/cm³
Digtheid (naby k.t.) (alpha) 4.39 g/cm³
Digtheid (naby k.t.) (vitreous) 4.28 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 3.99 g/cm³
Smeltpunt 494 K
(221 °C)
Kookpunt 958 K
(685 °C)
Kritieke punt 1766 K, 27.2 MPa
Smeltingswarmte (grys) 6.69 kJ/mol
Verdampingswarmte 95.48 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 25.363 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 500 552 617 704 813 958
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur trigonaal
Strukturbericht-kode A8
Ruimtegroep P3121  nommer: 152/154
Oksidasietoestande ±2, 4, 6
(sterk suur oksied)
Elektronegatiwiteit 2.55 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 941.0 kJ/mol
2de: 2045 kJ/mol
3de: 2973.7 kJ/mol
Atoomradius 115 pm
Atoomradius (ber.) 103 pm
Kovalente radius 116 pm
Van der Waals-radius 190 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking geen data
Termiese geleidingsvermoë (300 K) (amorf)
0.519 W/(m·K)
Termiese uitsetting (25 °C) (amorf)
37 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (20 °C) 3350 m/s
Young se modulus 10 GPa
Skuifmodulus 3.7 GPa
Massamodulus 8.3 GPa
Poissonverhouding 0.33
Mohs se hardheid 2.0
Brinell hardheid 736 MPa
CAS-registernommer 7782-49-2
Vernaamste isotope
Isotope van seleen
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
72Se sin 8.4 d ε - 72As
γ 0.046 -
74Se 0.87% Se is stabiel met 40 neutrone
75Se sin 119.779 d ε - 75As
γ 0.264, 0.136,
0.279
-
76Se 9.36% Se is stabiel met 42 neutrone
77Se 7.63% Se is stabiel met 43 neutrone
78Se 23.78% Se is stabiel met 44 neutrone
79Se sin 1.13×106 j β- 0.151 79Br
80Se 49.61% Se is stabiel met 46 neutrone
82Se 8.73% 1.08×1020 j β-β- 2.995 82Kr
Portaal Chemie

Seleen is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Se en atoomgetal van 34. Dit is 'n toksiese nie-metaal wat chemies verwant is aan swael en tellurium. Dit kan in verskeie vorme voorkom maar een van hulle is 'n stabiele grys metaalagtige vorm wat elektrisiteit beter in die teenwoordigheid van lig as in die donker kan gelei en word in fotoselle gebruik. Die element word gevind in sulfiedertse soos piriet.

Vervaardiging

[wysig | wysig bron]

Seleen is 'n algemene byproduk van koperraffinering of die vervaardiging van swaelsuur.[1][2][3] Die suiwering van seleen word dikwels bemoeilik deur die teenwoordigheid van ander verbindings en elemente. Die algemeenste proses begin gewoonlik met die oksidasie met natriumkarbonaat om natriumseleniet te lewer. Die natriumseleniet word dan aangesuur met swaelsuur wat selenoëēsuur lewer. Swaeldioksied word dan deur die selenoësuur geborrel om die elementêre seleen te lewer.

Gebruike

[wysig | wysig bron]
  • Word gebruik in fotoselle, ligmeters en sonselle vanweë sy fotovoltaïse en fotogeleidende eienskappe.
  • Word in gelykrigters gebruik.
  • Word gebruik om kleur in glas te verwyder aangesien dit die groen kleur van ysterbevattende onsuiwerhede teenwerk.
  • Word gebruik om 'n rooi kleur aan glasse en emaljes te verleen.
  • Word gebruik om die skuurweerstand van gevulkaniseerde rubber te verbeter.
  • Word in fotokopiëring aangewend.
  • Word in fotografie gebruik.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Seleen (Grieks σελήνη selene wat "Maan" beteken) is in 1817 deur Jöns Jakob Berzelius ontdek. Die groei in seleenverbruik het egter eers veel later plaasgevind met die ontwikkeling van nuwe gebruike daarvan, insluitende toepassings in rubbersamestelling, staallegerings en seleengelykrigters. Teen 1970 is seleengelykrigters grootliks met silikongelykrigters vervang maar is steeds as fotogeleier in gewone papierkopieërders gebruik en is tot vandag toe nog een van die grootste gebruike vir seleen. Tydens die 1980's het fotogeleiertoepassings begin afneem met die vervaardiging van meer en meer organies gebaseerde fotogeleiers. In 1996 het navorsing 'n positiewe verband met seleen aanvullings en die voorkoming van kanker in mense bevestig, maar die wydverspreide gebruik van seleen in hierdie verband het nie die verbruik van seleen noemenswaardig vermeerder nie vanweë die klein dosisse wat benodig word. Sedert die laat 1990's is seleen as legering in geelkopers vir loodgietwerk gebruik om aan die "geen lood"-vereiste van nuwe omgewingstandaarde te voldoen.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Seleen kom in verskeie anorganiese vorme voor, insluitende elementêre seleen, selenied, selenaat en seleniet. Seleen kam ook voor in organiese stowwe soos dimetielselenied, selenometioon en selenosistien.

Seleen word meestal vervaardig vanuit selenied in baie sulfiedertse, soos dié van koper, silwer of lood. Dit word as byproduk van die verwerking van hierdie ertse verkry, vanaf die anodemodder van koperraffinaderye en die modder vanuit die loodkamers van swaelsuuraanlegte. Hierdie modders kan op verskeie maniere verwerk word om suiwer seleen te verkry.

Natuurlike bronne van seleen sluit in sekere seleenryke sand en seleen wat deur sekere giftige plante bioverryk is.

Isotope

[wysig | wysig bron]

Seleen het ten minste 29 isotope, waarvan 5 stabiel is en 6 kernisomere.

Seleen en gesondheid

[wysig | wysig bron]

Alhoewel seleen in groot dosisse giftig is, is seleen 'n noodsaaklike spoorelement in alle bekende lewensvorme. Dit is 'n komponent van die ongewone aminosure selenosistien en selenometionien. In mense is seleen 'n spoorelement wat funksioneer as 'n ko-faktor vir die reduksie van anti-oksidant ensieme soos glutatioonperoksidase en tioredoksienreduktase. Dit speel ook 'n rol in die werking van die skildklier deur as 'n ko-faktor vir deiodenase van skildklierhormoon op te tree.[4] Dieetkundige seleen word aangetref in graankosse, vleis, vis en eiers. Die aanbevole dieetkundige innamme vir volwassenes is 55 mikrogram per dag. Lewer en Brasiliaanse neute (paraneut) is veral ryk aan seleen. 'n Lys van seleenryke voedsels is op die internet beskikbaar.[5]

Giftigheid

[wysig | wysig bron]

Al is seleen 'n noodsaaklike spoorelement is dit giftig indien te veel daarvan ingeneem word. Die inname van meer as die toelaatbare vlak van 400 mikrogram per dag kan aanleiding gee tot selenosis.[6] Simptome van selenose sluit in 'n asem wat na knoffel ruik, afwykings in die spysverteringskanaal, haarverlies, los naels, moegheid, prikkelbaarheid en neurologiese skade. Uiterste gevalle van selenose kan lei tot lewersirose, pulmonêre edeem en die dood.[7]

Elementêre seleen en die meeste metaalagtige seleniede se giftigheid is relatief laag as gevolg van hulle biobeskikbaarheid. In teenstelling is selenaat en seleniet uiters giftig en die werking daarvan is soortgelyk aan dié van arseen. Waterstofselenied is 'n uiters giftige, korrosiewe gas.[8] Seleen kom ook voor in organiese verbindings soos dimetielselenied, selenometionien en selenosistien wat almal 'n hoë biobeskikbaarheid het wat slegs in hoë dosisse giftig is.

Seleenvergiftiging as gevolg van landbou-aflope kan ook geboorteafwykings in voëls tot gevolg hê.

Seleentekort

[wysig | wysig bron]

Seleentekorte is 'n relatief rare verskynsel by mense met 'n gesonde dieet. Dit kom voor by pasiënte met ernstige afwykings in dermkanaalfunksie, of diegene wat totale binne-aarse voeding ontvang. Mense wat afhanklik is van voedsels wat in seleenarme grond verbou word kan ook die siekte opdoen. Die aanbevole dieetkundige dosis vir volwassenes is 55 mikrogram per dag.

Seleentekorte kan lei tot Keshan se siekte wat moontlik noodlottig kan wees asook Kashin-Beck se siekte.[9] Die hoofsimptome van Keshan se siekte is miokardiese nekrose, wat lei tot die verswakking van die hartspier. Kashin-Beck se siekte lei tot atrofie (wegkwyn), verval en nekrose van kraakbeenweefsels. Keshan se siekte maak die liggaam ook meer vatbaar vir siektes wat veroorsaak word deur gebrekkige voeding, biochemiese oorsake of aansteeklike siektes.

Hierdie siektes kom die meeste voor in sekere dele van China waar die grond uiters arm is in seleen. Studies in die Jiangsu-provinsie van China dui aan dat 'n afname in die voorkoms van die siekte plaasvind wanneer seleenaanvullings geneem word. Seleentekorte is ook al verbind met kropswelling, kretinisme en herhaalde miskrame in mense.[9]

Verbindings

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Agentskap vir die Registrasie van Giftige stowwe en siektes in die V.S.A toksikologiese profiel van seleen
  2. "Los Alamos National Laboratory – Data oor Seleen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2004. Besoek op 14 Mei 2006.
  3. Webelements.com artikel oor seleen
  4. Artikel oor die voedingswaarde van seleen by die Linus Pauling Instituut
  5. Data oor voedsels wat seleen bevat
  6. Inligting oor die gesondheidsrisiko's van seleen
  7. Hoofstuk oor die toksikologie van seleen van die ATSDR inligtingsblad vir seleen.
  8. Gids oor die hantering van Waterstofselenied in die Kanadese Departement van vervoer se Gidsboek oor die hantering en vervoer van gevaarlike stowwe
  9. 9,0 9,1 Sien verwysing no. 7

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend