Schwa
Voorkoms
Met schwa of sjwa word die uitspraak van die sogenaamde 'stomme e' (byvoorbeeld in die woord 'vader') aangedui. Die schwa is 'n vokaal. By die uitspreek van 'n schwa rus die spiere in die mond.
In Afrikaans, Nederlands en die meeste ander Europese tale is lettergrepe met schwa's altyd onbeklemtoon. Albanees en Bulgaars vorm hierop uitsonderings.
In die Internasionale Fonetiese Alfabet word die schwa met 'n 'omgekeerde e' as [ə] geskryf. In die Afrikaanse ortografie word die schwa geskryf as 'e' (vader) of 'i' (moeilik).