Gaan na inhoud

Schumanverklaring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Salon de l'Horloge van die Franse ministerie van Buitelandse Sake se hotel aan die Quai d'Orsay

Die Schumanverklaring of die verklaring van 9 Mei 1950 word as die grondleggende dokument van die Europese eenwording beskou. Hierdie verklaring is deur die Franse minister van Buitelandse Sake, Robert Schuman in die saal van die uurwerk aan die Quai d'Orsay in Parys afgekondig en is geïnspireer deur Jean Monnet die eerste Franse Beplanningskommissaris. Hierdie verklaring stel die skepping van 'n Europese organisasie voor wat verantwoordelik sal wees vir die gesamentlike Frans-Duitse vervaardiging van steenkool en staal. In Europa word die Schumanverklaring elke jaar op 9 Mei gevier.[1]

Hierdie verklaring het op 18 April 1951 tot die ondertekening van die Verdrag van Parys gelei, wat die Europese Gemeenskap van Steenkool en Staal gestig het. Ses Europese lande het hierdie ooreenkoms onderteken: Duitsland, Frankryk, Nederland, België, Luxemburg en Italië. Hierdie gemeenskap het uiteindelik uitgegroei tot die Europese Unie.

'n Doelstelling van vrede en voorspoed

[wysig | wysig bron]
L’Europe n’a pas été faite, nous avons eu la guerre. -- Robert Schuman
Europe is nog nie gemaak nie, ons het (net) oorlog gehad.

Drie groot oorloë in minder as 'n eeu (1870, 1914, 1939) het Europa geskeur en die hele vasteland geteister. Op 9 Mei 1950 was daar bo alles 'n begeerte vir vrede wat oorheers. Dit was 'n belangrike deel van Schuman en Monet se motivering, maar daar was ook 'n belangrike vraag oor die Duitse kwota van steenkool en staal wat die bondgenote sou toestaan. 'n Diplomatieke konfrontasie daaroor het gedreig. Duitsland het dit nodig vir sy ekonomiese opbou, maar dit kan ook vir 'n nuwe oorlog gebruik word.

In 1947 begin in Europa die tydperk van die Koue Oorlog waarin twee nuwe blokke ontstaan rond die VSA en die USSR. Die Berlynse krisis maak die Wes-Europeërs bewus van die risiko dat Europa soos Paul Valéry voorspel het, net 'n uithoekie van die Asiatiese kontinent sal word.

Dit word duidelik dat Wes-Europeërs sal moet verenig om die dreiging van die Sowjets te weerstaan. Die demokrasieë van Wes-Europa kan geen verskeurdheid veroorloof nie, terwyl aan die oostekant van die ystergordyn die volksdemokrasieë in die diens van die Sowjet-blok verenig word. Duitsland moet opnuut as deel van die Weste opgeneem word.

Die menslike en materiële tol van ses jaar se oorlog was baie swaar en sal deur die Europese ekonomieë lank en grootliks gevoel word. Behalwe die menslike verliese (60 miljoen dood), behuising en die vernietiging van infrastruktuur, is daar produktiewe eenhede wat heeltemal vernietig is in byvoorbeeld die grensgebiede van die noordooste van Frankryk] en die Ruhr-gebied van Duitsland.

'n Nuwe metode

[wysig | wysig bron]

Die herstel van die Europese ekonomieë vereis dat die produksie van steenkool en staal verhoog word. Dié van Duitsland word beheer deur die Geallieerdes en deur hulle ook beperk. Dié van ander Europese lande lyk onvoldoende om tot herstel te lei. Schuman en Monet besluit 'n nuwe metode voor te stel:

Le gouvernement français propose de placer l’ensemble de la production franco-allemande de charbon et d’acier sous une Haute Autorité commune (…). La mise en commun des productions de charbon et d’acier assurera immédiatement l’établissement de bases communes de développement économique, première étape de la Fédération européenne. -- Robert Schuman in sy verklaring

Die Franse regering is van voorneme om die hele Franco-Duitse produksie van steenkool en staal te plaas onder 'n gemeenskaplike Hoë Owerheid (…). Die poel van steenkool- en staalproduksie sal onmiddellik voorsiening maak vir die vestiging van 'n gemeenskaplike basis vir ekonomiese ontwikkeling, as eerste fase van 'n Europese Federasie.

Hul doelstelling is dus uitdruklik polities en federalisties en nie bloot die stigting van 'n vryhandelsone nie.

Die samewerking tussen die Europese state is ontwerp om gemeenskaplike belange te skep en te ontwikkel en om tot 'n geleidelike politieke integrasieproses te lei, wat 'n voorwaarde is vir vrede tussen die Europese lande.

L’Europe ne se fera pas d’un coup, ni dans une construction d’ensemble : elle se fera par des réalisations concrètes créant d’abord des solidarités de fait. Le rassemblement des nations européennes exige que l’opposition séculaire de la France et de l’Allemagne soit éliminée. L’action entreprise doit toucher au premier chef la France et l’Allemagne. --Robert Schuman

Europa sal nie skielik ontstaan of volgens 'n enkele plan gebou word nie: dit sal deur konkrete prestasie gebou word wat de facto solidariteit skep. Die byeenkoms van die Europese nasies vereis dat eers die eeue-oue teenstelling tussen Duitsland en Frankryk uitgeskakel word. Hierdie taak betref hoofsaaklik Frankryk en Duitsland.

Die mislukking van verskeie pogings om Europa te verenig het mense bewus gemaak dat die Europese eenwording net geleidelik kan gebeur en die Schumanverklaring erken dit en begin met 'n klein maar belangrike en praktiese aksie: die steenkool en staalgemeenskap. Hierdeur word 'n nuwe oorlog tussen Frankryk en Duitsland mos onmoontlik gemaak.

Die Hoë Owerheid wat op 9 Mei 1950 voorgestel en met die Verdrag van Parys in 1951 geformaliseer is, is 'n innovasie van die allergrootste belang in die verhouding tussen die state. Dit voer die supranasionalisme in wat die hart vorm van wat die "gemeenskapsmetode" genoem sal word.

Hierdie "gemeenskapsmetode" word deur die oordrag van soewereiniteit aan die Europese vlak gekenmerk. Sy instellings geniet daardeur dus 'n sekere outonomie teenoor die lidstate. Dit geld eers net vir die Hoë Owerheid. Later het dit die Europese Kommissie geword en is daar ook 'n Europese Parlement ingestel wat nou deur die kiesers in die hele Unie verkies word en 'n Geregshof van die Europese Gemeenskappe, wat se besluite bindend is vir die state.

Die Schumanverklaring van 9 Mei 1950 word nog steeds beskou as die beginpunt van die Europese integrasie. Dis die rede waarom die Europese Parlement aan Robert Schunman en Jean Monnet die titel van die "vaders van Europa" toegeken het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Franse Wikipedia. Sien bron.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Pierre Gerbet, La Genèse du plan Schuman, des origines à la déclaration du 9 mai 1950, Lausanne, Centre de recherches européennes, 1962.
  • Pierre Gerbet, « La naissance du plan Schuman », dans Andreas Wilkens (dir.), Le Plan Schuman dans l’histoire, intérêts nationaux et projet européen, Bruxelles, Bruylant, 2004.
  • Jean-Marie Pelt, Robert Schuman père de l’Europe, Serge Domini éditeur, 2001.
  • Raymond Poidevin, Robert Schuman, homme d’État 1886–1963, Paris, Imprimerie nationale, 1986.
  • Paul Reuter, La Naissance de l’Europe communautaire, Lausanne, Fondation Jean Monnet pour l’Europe, Centre de recherches européennes, 9 Mei 2000.
  • Henri Rieben, Martin Nathusius, Françoise Nicod, Claire Camperio, Un changement d’espérance. La Déclaration du 9 mai 1950 : Jean Monnet, Robert Schuman, Lausanne, Fondation Jean Monnet pour l’Europe, Centre de recherches européennes, 9 Mei 2000.
  • René Lejeune, Robert Schuman, père de l’Europe, Fayard, 2000.
  • Rodolphe Ackermann, L'essor de l'idée de constitution européenne 1945–1953, 2001.
  • François Roth, Robert Schuman, du Lorrain des frontières au père de l’Europe, Paris, Fayard, 2008.
  • Pour l’Europe, Paris, Nagel, 1963, Sjabloon:5e 2010.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]