Schönefeld
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Brandenburg |
Distrik | Dahme-Spreewald |
Koördinate | 52°23′18″N 13°30′17″E / 52.38833°N 13.50472°O |
Stigting | 1242 (eerste verwysing) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 81,57 vk km |
Hoogte bo seevlak | 44 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2018) | 15 472 |
- Bevolkingsdigtheid | 190/vk km |
Tydsone | UTC 01:00 (MET) |
- Somertyd | UTC 02:00 |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
Burgemeester | Dr. Udo Haase (AFE) |
Amptelike Webwerf | Schönefeld |
Schönefeld is 'n munisipaliteit in die administratiewe distrik Dahme-Spreewald van die Duitse deelstaat Brandenburg, bestaande uit ses stadsdele met sewe bewoonde stadsbuurte en twee gehuggies. Die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe, wat op 31 Oktober 2020 geopen is, en die voormalige Lughawe Berlyn-Schönefeld is binne die munisipaliteit se grense geleë.
Naas die lughawe is sakegebiede en kleinhandelsentra die belangrikste bron van inkomste vir die munisipaliteit. Hier het 'n nuwe sorteersentrum vir die aanlyn-winkelreus Amazon, Inc. se Duitse filiaal in Schönefeld ontstaan. In die aanleg met 100 werkgeleenthede, wat digby die nuwe lughawe geleë is en in Mei 2020 ingewy is, word pakkette uit die Europese logistiek-netwerk van Amazon gesorteer en van hier na die distribusiesentra vervoer.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "rbb24.de, 14 Mei 2019: Neues Sortierzentrum am zukünftigen BER - Amazon feiert Richtfest in Schönefeld. Besoek op 17 September 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2019. Besoek op 17 September 2019.