SSV Jahn Regensburg is 'n Duitsesokkerklub uit Regensburg in die deelstaat Beiere. Die klub was aanvanklik deel van 'n sportklub wat in 1889 gestig is as Turnerbund Jahn Regensburg, vernoem na Friedrich Ludwig Jahn, wat as die vader van Duitse gimnastiek beskou word. Die sokkerafdeling van die klub is in 1907 gestig. Die sokkerspelers en swemmers het in 1924 afgestig om Sportbund Jahn Regensburg te stig.
In 1934 het die klub met Sportverein 1889 Regensburg saamgesmelt om Sport- und Schwimmverein Jahn Regensburg te vorm en het in die Gauliga Beiere meegeding, die hoogste vlak tydens die Derde Ryk.
In 2000 het die sokkerafdeling onafhanklik geword en saamgesmelt met die sokkerafdeling van SG Post/Süd Regensburg in 2002. Na 'n seisoen in die Bundesliga 2 (2003/4) het die klub ernstige finansiële probleme ontwikkel en speel tans in die 4de-vlak Oberliga Beiere.