s.Oliver
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
s.Oliver Bernd Freier GmbH & Co. KG | |
Tipe | GmbH & Co. KG (Privaat maatskappy volgens Duitse reg) |
---|---|
Gestig | 1969 |
Hoofkantoor | Rottendorf, Beiere, Duitsland |
Sleutelpersone | Bernd Freier (stigter) Armin Fichtel (hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Kleinhandelbedryf |
Produkte | Klerasie, bybehore |
Werknemers | 7 664 (2015) |
Webwerf | soliver-group.com |
s.Oliver (volle naam: s.Oliver Bernd Freier GmbH & Co. KG) is 'n multinasionale tekstielvervaardiger en klerewinkelketting wat sy hoofkwartier in Rottendorf in die Duitse deelstaat Beiere het.
Die onderneming se eerste winkel is in 1969 in Würzburg, Beiere deur Bernd Freier geopen toe die onderneming nog as Sir Oliver bekendgestaan het. In 1978 is die onderneming se naam gewysig na s.Oliver nadat 'n ander Duitse maatskappy, 4711, klagte ingedien het. Intussen het die onderneming tot een van die grootste rolspelers in die internasionale mode-kleinhandelbedryf gegroei, met winkels in Wes- en Oos-Europa, Noord-Amerika (Kanada) en Asië en 7 664 medewerkers (waarvan 5 451 in Duitsland en 2 237 in die Rottendorfse hoofkwartier).[1]