Gaan na inhoud

Rote Armee Fraktion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die RAF-kenteken: 'n rooi ster en 'n Duits-vervaardigde submasjiengeweer (Heckler & Koch MP5)

Die Rote Armee Fraktion ("Rooi Leër Faksie", kort RAF), aanvanklik deur sommige media ook "Baader-Meinhof-bende" of "Baader-Meinhof-groep" genoem, was 'n linkse terreurgroep wat tussen 1970 en 1998 in Duitsland aktief was. Dit is deur Andreas Baader, Gudrun Ensslin, Horst Mahler, Ulrike Meinhof en ander lede gestig.

Die RAF het ditself as kommunistiese, anti-imperialistiese stedelike guerilla-organisasie volgens die Suid-Amerikaanse voorbeeld van die Tupamaros in Uruguay beskou. Die RAF was verantwoordelik vir 34 moorde, talle bankrooftogte en bomaanslae. In 1998 het hulle 'n persverklaring uitgereik waarin hulle hul selfontbinding aangekondig het. Tot daardie tydstip het ook 27 lede en simpatisante van die RAF hul lewens as gevolg van polisie-optrede, selfmoord, hongerstaking of siekte verloor.[1]

Lys van RAF aanvalle

[wysig | wysig bron]
Datum Plek Aksie Opmerkings
11-05-1972 Frankfurt am Main Bomaanval op 'n kaserne van die VSA in Frankfurt am Main 1 dood, 13 gewond
12-05-1972 Augsburg en München Bomaanval op 'n politiekekantoor in Augsburg en die LKA in München 5 gewonde polisiebeamptes
16-05-1972 Karlsruhe Bomaanval op die motor van regter Buddenberg Sy vrou bestuur die motor en is verwond
19-05-1972 Hamburg Bomaanval op Uitgewery Axel Springer, uitgewer van o.a. die Bild-Zeitung 17 gewond
24-05-1972 Heidelberg Bomaanval op die Europese hoofkwartier van die Amerikaanse Leër 3 dood, 5 gewond
25-04-1975 Stockholm Besetting van die Duitse ambassade, moord op Andreas von Mirbach en dr. Heinz Hillegaart 4 dood, waarvan 2 terroriste
07-04-1977 Karlsruhe Skote gevuur op regter Siegfried Buback Die chauffeur en 'n medewerker van justisie word ook doodgeskiet
30-07-1977 Oberursel (Taunus) Die direkteur van die Dresdner Bank, Jürgen Ponto, word tydens 'n poging tot ontvoering in sy huis gedood
05-09-1977 t/m
18-10-1977
Keulen resp. Mulhouse Ontvoering van werkgewersvoorsitter Hanns-Martin Schleyer, Schleyer word uiteindelik deur die RAF doodgeskiet 3 polisiebeamptes en die motorbestuurder word gedood tydens die ontvoering
13-10-1977 Mogadishu Kaping van Lufthansa-vlug 181 1 dood: gesagvoerder Schumann van die Landshut
25-06-1979 Bergen - België Bomaanval op die motor van NAVO-opperbevelvoerder Alexander Haig 3 gewonde lyfwagte
09-07-1986 Straßlach-Dingharting Skote gevuur op Siemens-bestuurder Karl Heinz Beckurts en bestuurder Eckhard Groppler
30-11-1989 Bad Homburg vor der Höhe Bomaanval op bankier Alfred Herrhausen Saak onopgelos
01-04-1991 Düsseldorf Skote gevuur op Detlev Karsten Rohwedder, hoof van die Treuhandanstalt, in sy huis in Düsseldorf
Saak onopgelos
27-03-1993 Weiterstadt Aanval met plofstof op die nuwe gebou van 'n gevangenis Saak onopgelos, geen gewondes, skade: 123 miljoen DM

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Verdere leeswerk

[wysig | wysig bron]