Republic F-84 Thunderjet
Republic F-84 Thunderjet | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig/bomwerper |
Vervaardiger | Republic Aviation |
Nooiensvlug | 28 Februarie 1946 |
Hoofgebruiker | United States Army Air Forces |
Aantal gebou | 7 524 |
Weergawes | Republic F-84 Thunderstreak |
Die Republic F-84 Thunderjet is die eerste vegvliegtuig wat Amerika na die Tweede Wêreldoorlog gebou het. Produksie het in Junie 1947 begin, dit was ook die eerste vegvliegtuig wat 'n kernwapen kon dra. Die was ook die laaste Amerikaanse subsoniese vegvliegtuig met reguit vlerke.
Die F-84 het gou die algemene metgeselvegvliegtuig in die Amerikaanse Lugmag se Strategic Air Command bomwerpermag geword. Die vliegtuig het ook 'n pionierrol gespeel by invlughervulling. Gedurende Augustus 1953 het F-84G's vanaf die Turnerlugmagbasis in Georgia, VSA tot by die Britse Lugmagbasis in Lakenheath, Verenigde Koninkryk, gevlieg sonder om te land, 'n tog van 7 216 km. Hulle brandstof is hervul deur Strategic Air Command se KC-97 tenkers. Die operasie het die kodenaam Longstride gehad en was bedoel om die Thunderjet se langtogvermoë te demonstreer. Na afloop van die operasie was dit die langste ononderbroke vlug vir 'n vegterbomwerper nog, asook die langste ononderbroke afstand vir 'n enkelmotorige vegvliegtuig.
Die Thunderjet is in twee projekte gebruik om beskerming aan Convair B-36 Peacemaker bomwerpers te verleen.
Hierdie vliegtuie was baie aktief tydens die Korea-oorlog; hulle is in Desember 1950 daar in diens gestel. Aanvanklik was hulle gebruik om die Boeing B-29 Superfortress te vergesel maar later meer en meer gebruik vir grondaanvalle. Na verwoestende aanvalle op damme op 13 en 16 Mei 1953 is die hele elektrisiteitsvoorsiening van Noord-Korea verwoes.
Vlieëniers van Thunderjets het altesaam 86 408 missies gevlieg, 15 370 ton bomme losgelaat en 105 MiG-vegvliegtuie afgeskiet. Verdere ontwikkeling van die Thunderjet het gelei tot die Republic F-84 Thunderstreak.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9