Gaan na inhoud

Redvers Henry Buller

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Redvers Buller
Redvers Henry Buller

Geboortedatum 7 Desember 1839
Geboorteplek Crediton, Devon, Engeland
Sterfdatum 2 Junie 1908 (68 jaar oud)
Sterfplek Crediton, Devon, Engeland
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Britse leër
Jare in diens 1858–1901
Rang Generaal
Eenheid King's Royal Rifle Corps
Poste beklee Quartermaster-General to the Forces
Adjutant-General to the Forces
Aldershot Command
Veldslae/oorloë Tweede Anglo-Sjineese Oorlog
Ashanti-oorloë
Xhosa-oorloë
Anglo-Zoeloe-oorlog
Eerste Vryheidsoorlog
Anglo-Egiptiese Oorlog van 1882
Mahdiste-opstand
Tweede Vryheidsoorlog
Toekennings Victoria Cross
Knight Grand Cross of the Order of the Bath
Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George

Redvers Buller (7 Desember 1839, Crediton, Devon, Engeland - 2 Junie 1908, aldaar) was 'n Britse Generaal. Hy het skool gegaan te Eton, Engeland.

Loopbaan voor die Tweede Vryheidsoorlog

[wysig | wysig bron]

In 1858 sluit hy by die leër aan en wel by die 60th Rifles regiment. Hy doen diens in die Red River Expedition in Kanada in 1870 en die Ashanti-oorlog van 1873-1874. In 1879 ontvang hy die Victoriakruis vir dapperheid tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog. Hy was stafhoof onder die bevel van sir Evelyn Wood tydens die Slag van Majuba in 1881. Hy doen ook diens tydens die Tel-el-Kebir veldtog in Egipte in 1882 en ook in die Soedan in 1884-1885. Hy word bevorder na 'n generaal in 1896 en word in 'n hoë pos aangestel in die Ministerie van Oorlog.

Tweede Vryheidsoorlog

[wysig | wysig bron]

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog word hy na die front gestuur as opperbevelhebber maar vind spoedig uit dat sy koloniale taktiek nie teen die Boere toegepas kan word. Tydens sy veldtog om Ladysmith te bevry verloor hy agtereenvolgens die slagte van Colenso, Spioenkop en Vaalkrans alvorens hy uiteindelik by Pietershoogte deurbreek om Ladysmith te bevry. Die teenslae het sy reputasie geknou. Nadat hy na die Transvaal oorbeweeg het, is hy suksesvol by Bergendal. Daarna het hy genl Louis Botha oor die Long Tompas gejaag tot by Komatipoort voor hy terug is Engeland toe in Oktober 1900. Hier neem hy bevel oor by Aldershot en sterf in 1908.

Bronne

[wysig | wysig bron]