Rajendravarman II
Rajendravarman II | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Bewind | 944-968 |
Voorganger | Harshavarman II |
Opvolger | Jayavarman V |
Dinastie | Khmer-ryk |
Kinders | Jayavarman V |
Rajendravarman II (Khmer: រាជេន្ទ្រវរ្ម័នទី២) was van 944 tot 968 koning van die Khmer-ryk. Hy was die oom en neef van Harshavarman II.
Sy belangrikste monumente by Angkor is Pre Rup en Oos-Mebon.[1]:73[2]:358,361–367
Lewe
[wysig | wysig bron]Die koning het aanspraak gemaak op bande met die konings van Chenla, ’n voorloperstaat van die Khmer-ryk. Inskripsies lui dat die ryk tydens sy bewind uitgebrei is na Suid-Viëtnam, Laos en ’n groot deel van Thailand, tot so ver noord as Suid-China. Hy was ’n groot koning, volgens ’n inskripsie by Pre Rup, wie se swaard dikwels met bloed bevlek was en wie se liggaam so hard soos ’n diamant was.
Die koning het uit ’n groot paleis regeer wat deur sy minister Kavindrarimathana ontwerp is. Baie geleerdes glo hy het ’n stelsel van gesentraliseerde administrasie ingestel om meer direkte beheer uit te oefen op prinse wat grootliks onafhanklik op hul landgoedere op die platteland was.[3]:116
Bouwerk aan die Banteay Srei, die versierde tempel van pienk sandsteen noord van die hoofkompleks in Angkor, het tydens sy bewind begin.[3]:117 Rajendravarman II is deur sy 10-jarige seun opgevolg wat as Jayavarman V regeer het.[1]:79
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, ISBN 9781842125847
- ↑ Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
- ↑ 3,0 3,1 Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. vert. Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.
Ekstra bron
[wysig | wysig bron]- Mabbett, Ian and Chandler, David. The Khmers. Blackwell Publishers 1996. ISBN 0-631-17582-2
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia