Provinsies van Zimbabwe
Voorkoms
Zimbabwe is onderverdeel in agt provinsies en twee stede met provinsiale status (Bulawayo en Harare). Die provinsies is verder onderverdeel in 63 distrikte.
# | Provinsie | Hoofstad | Opp. (km²) | Inw. (2002)[1] | Kaart |
---|---|---|---|---|---|
1 | Bulawayo | 479 | 676 787 | ||
2 | Harare | 872 | 1 903 510 | ||
3 | Manicaland | Mutare | 36 459 | 1 566 899 | |
4 | Masjonaland-Sentraal | Bindura | 28 374 | 998 265 | |
5 | Masjonaland-Oos | Marondera | 32 230 | 1 125 355 | |
6 | Masjonaland-Wes | Chinhoyi | 57 441 | 1 222 583 | |
7 | Masvingo | Masvingo | 56 566 | 1 318 705 | |
8 | Matabeleland-Noord | Lupane | 75 025 | 701 359 | |
9 | Matabeleland-Suid | Gwanda | 54 172 | 654 879 | |
10 | Midlands | Gweru | 49 166 | 1 446 331 |
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n oorsig van die wysigings aan Zimbabwe se provinsiale grense:[2]
- 1957: Die voormalige Suid-Rhodesië was onderverdeel in vyf provinsies, naamlik Bulawayo (Matabeleland), Gwelo (Midlands), Salisbury (Masjonaland), Umtari (Manicaland) en Victoria.
- 1974: Matabeleland word opgedeel in Matabeleland-Noord en Matabeleland-Suid.
- 1980: Suid-Rhodesië word onafhanklik as Zimbabwe. Die provinsie Victoria se naam word verander na Masvingo.
- 1981: Masjonaland-Noord word opgedeel in Masjonaland-Sentraal en 'n gedeelte van Masjonaland-Wes; Masjonaland-Suid word opgedeel in Masjonaland-Oos en die oorblywende deel van Masjonaland-Wes. 'n Deel van Matabeleland-Suid word ingedeel by Midlands.
- 1997: Bulawayo word afgeskei van Matabeleland-Noord en Harare van Masjonaland-Oos.
- 2000: Marondera vervang Harare as hoofstad van Masjonaland-Oos en Lupane word die hoofstad van Matabeleland-Noord in die plek van Bulawayo.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Zimbabwe Office of the UN Humanitarian Coordinator". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2007. Besoek op 18 September 2011.
- ↑ Statoids: Provinces of Zimbabwe