Prosa
Letterkunde |
---|
Vernaamste vorms |
Kortverhaal · Novelle |
Genres |
Drama · Epiek · Hygliteratuur Komedie · Liriek · Mito-poësis Nonsens · Ridderroman · Satire Tragedie · Tragikomedie |
Media |
Boek |
Tegnieke |
Prosa · Poësie |
Geskiedenis en Lyste |
Letterkunde / Poësie toekennings |
Bespreking |
Sosiologie · Tydskrifte |
Prosa is 'n vorm van taal wat gebruik maak van gewone sinsbou en natuurlike vloei van spraak eerder as ritmiese strukture (soos tradisionele poësie). Hoewel daar kritieke debatte heers oor die samestelling van prosa, het sy los gedefinieerde struktuur en eenvoud gelei tot die aanneming daarvan deur die meeste gesproke tale, feitlike diskoers, asook aktuele en fiktiewe skryfwerk. Dit word byvoorbeeld algemeen gebruik in literatuur, koerante, tydskrifte, ensiklopedieë, uitsendings, rolprente, geskiedenis, filosofie, regte en vele ander vorme van kommunikasie.
Struktuur
[wysig | wysig bron]Prosa bevoordeel die meer informele metriese struktuur van verse wat omtrent altyd in tradisionele digkuns gevind kan word. Gedigte bevat normaalweg 'n metrum- en/of rymskema. Prosa, daarteenoor, bestaan uit volledige grammatikale sintaksis, wat paragrawe tot gevolg het en estetiese aantreklikheid laat vaar. Sommige prosawerke bevat tekens van metriese struktuur of versbou en 'n doelbewuste vermenging van die twee vorme staan bekend as prosagedig. Net so staan enige verswerk met meer reëls en beperkings bekend as vrye vers. Die siening heers dat vers meer sistematies of formulegebonde is, terwyl prosa meer verteenwoordigend is van gewone (dikwels gesellige) spraak. Samuel Taylor Coleridge het spottenderwys om hierdie punt versoek dat nuwelingdigters die definisies van prosa en digkuns moet verstaan: "definitions of prose and poetry; that is, prose,—words in their best order; poetry,—the best words in their best order."[1] In Molière se opvoering Le Bourgeois gentilhomme, vra Monsieur Jourdain dat iets geskryf moet word maar nie in vers of in prosa nie. 'n Filosofiemeester antwoord dat "daar geen ander manier is om jouself uit te druk as met prosa en vers nie, " vir die eenvoudige rede dat "alles wat nie prosa is nie is vers, en alles wat nie vers is nie is prosa."[2]
Soorte
[wysig | wysig bron]Daar is heelwat soorte prosa, insluitend niefiksie prosa, epiese prosa, prosadig, polifoniese prosa, allitererende prosa, prosafiksie en dorpsprosa volgens Russiese letterkunde.[3] 'n Prosagedig is 'n prosakomposisie wat sekere eienskappe van 'n gedig het.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Webster's Unabridged Dictionary (1913)". University of Chicago reconstruction. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2012. Besoek op 31 Januarie 2010.
- ↑ "Le Bourgeois Gentilhomme". English translation accessible via Project Gutenberg. Besoek op 31 Januarie 2010.
- ↑ "Prose". Britannica.com. Besoek op 27 Mei 2012.
- ↑ "Prose poem". Merriam-Webster. Besoek op 27 Mei 2012.