Colubrina nicholsonii
Pondotreurdoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Colubrina |
Spesie: | C. nicholsonii
|
Binomiale naam | |
Colubrina nicholsonii A.E.van Wyk & Schrire, (1986)
|
Die pondotreurdoring (Colubrina nicholsonii) is 'n struik of boom wat onder die familie Rhamnaceae resorteer. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, tussen Port St Johns en die Mtamvunarivier voor. Die boom het 'n voorkomsgebied van kleiner as 20 km² en die algehele populasie is ongeveer 250 tot maksimum 1 000 individue groot. Daar is ook geïsoleerde subpopulasies in die Umzinto-distrik in KwaZulu-Natal benewens die Kentani-distrik in die Oos-Kaap. Die spesie groei in ontoeganklike klowe en ravyne. Sowat 50 individue groei teen kranse bokant water. By vier plekke word die spesie deur indringerplante bedreig.
Die boom se FSA-nommer is 453.8.[1] In Engels staan die spesie as die Pondo weeping thorn bekend.