Plattweesilinder
'n Plattwee is 'n tweesilinder binnebrandenjin met die silinders aan die teenoorstaande kante van die krukas geplaas. Die plattweelingenjin word reeds vir langer as 'n eeu in motorfietse gebruik, so ook in motors, ligte vliegtuie, stilstaande kragopwekkers en huishoudelike toestelle. In 'n spesifikasie, grafiek of wanneer 'n afkorting gebruik word, word 'n plattweesilinderenjin gelys as H2.
Vroëre plattweelingmotorfietse se enjins was met die silinders in lyn met die raam gemonteer. Dit het gelei tot ongelyke verkoeling van die silinders en die motorfiets moes daarom 'n lang asafstand hê. Latere plattweelingmotorfietse se enjins is gemonteer met hul silinders oor die raam vir beter verkoeling en ook 'n korter asafstand. Nadele van hierdie uitleg sluit in wringkragreaksie by die motorfiets in skerp draaie; dit het die potensiaal vir skade aan die silinderkoppe.
Krukkasdruk
[wysig | wysig bron]Uniek by platenjins, ly 'n boksertweeling aan verskille in die krukkasdruk soos die suiers afwisselend druk uitoefen op die krukkasgasse, en hul dan weer laat uitsit. Hierdie probleem word gewoonlik oorbrug deur middel van 'n krukkasasempypie,[1] soos op die BMW R90S. Hierdie krukkaspompeffek word ook by enkelsilinders en die 360° inlyntweesilinder gevind.[1]
Aanwendings
[wysig | wysig bron]Motorfietse
[wysig | wysig bron]BMW Motorrad vervaardig 'n aantal plattweelingenjin motorfietse,[2] so ook Oeral en Dnepr.
Lugvaart
[wysig | wysig bron]- Sien foto regs.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Cameron 1992, p. 14.
- ↑ "BMW Motorrad USA - Bikes" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2009. Besoek op 22 Desember 2008.