Gaan na inhoud

Pinetown

Koördinate: 29°49′S 30°51′O / 29.817°S 30.850°O / -29.817; 30.850
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pinetown
Pinetown is in KwaZulu-Natal
Pinetown
Pinetown
Koördinate: 29°49′S 30°51′O / 29.817°S 30.850°O / -29.817; 30.850
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
Metropolitaanse MunisipaliteiteThekwini
Stigting1849
Oppervlak
 • Totaal86,15 km2 (33,26 vk. myl)
Hoogte
305 m (1 001 ft)
Bevolking
 • Totaal144 026
 • Digtheid1 700/km2 (4 000/vk. myl)
TydsoneUTC 2 (SAST)
Poskode
3600
Skakelkodes031

Pinetown is 'n stad, 16 km wes van Durban, en lê weerskante van die N3-hoofweg in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die dorp voer sy oorsprong terug na 'n skofpos vir poskoetse en togryers tussen Durban en Pietermaritzburg. Die skofpos, die Wayside Hotel, is in 1849 op 'n deel van die plaas Soutrivierpoort wat AK Murray gekoop het, opgerig. Die dorp is net hierna uitgelê en is vernoem na Benjamin Pine, goewerneur van Natal. Munisipale status is in 1942 en stadstatus is in 1949 toegeken.

Uitleg

[wysig | wysig bron]
Die wisselaar te Paradise Valley, Pinetown, wat die King Cetshwayo-hoofweg met die N3-hoofweg verbind

Die sentrale besigheidsdistrik lê weerskante van Josiah Gumedeweg, waar Pinetown Girls' High School ook geleë is. Die roete van die Comrades-ultramaraton, wat die bekende Fields- en Cowiesheuwels met mekaar verbind, volg ook hierdie hoofstraat.

Parke en reservate sluit in die Sarnia Japannese Tuin, Lahee Park, Gibakloof-bergfietspark, Paradise Valley en die aanliggende New Germany-natuurreservaat. Die Mlazirivier vloei aan die suidekant van die stad. Die N3- sowel as King Cetshwayo-hoofweë loop deur die stad, en word deur 'n wisselaar met mekaar verbind.

Sien ook

[wysig | wysig bron]