Gaan na inhoud

Piekenier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Piekenier

'n Piekenier is 'n soldaat wat met 'n piek, 'n tipe lans met 'n lengte van 3 tot 5 meter, veg. Die wapen is reeds in Antieke Egipte gebruik. Die piekenier het in Antieke Masedonië ontwikkel uit die hopliete, wat gewapen was met 'n spies en skild.

Musketiers en piekeniers, vesting Bourtange

'n Piekenier veg in 'n formasie genaamd die falanks. 'n Piekenier se sterkte is om in 'n hegte en digte formasie te veg. Die Romeine het daarin geslaag om 'n geskikte antwoord op die Masedoniese falanks te vind, en derhalwe het die piek vir 'n geruime tyd van die toneel af verdwyn, maar in die Middeleeue teruggekeer na die Europese slagveld omrede dit deur Switserse ruiters en later Duitse huursoldate, die beroemde Landsknechten, gebruik is. Verdere ontwikkeling in oorlogvoering het die piek weer 'n belangrike wapen gemaak.

Piekeniers het in die 17de en vroeë 18de eeu in groot formasies geveg, ondersteun deur musketier-eenhede. Hulle het dikwels 'n halwe harnas (gewoonlik net die eerste rye) en 'n helm gedra en was met 'n swaard bewapen. Later het musketiers al hoe belangriker geword, terwyl die piekeniers hoofsaaklik die vyandelike ruitery op 'n afstand moes hou. Aan die einde van die 17de eeu is die bajonet in Bayonne ontwikkel, met die gevolg dat die musketiers ook as piekeniers kon veg. Die lans het derhalwe vanaf die einde van die 17de eeu langsamerhand van die slagveld verdwyn; slegs Rusland en Swede het die piek 'n geruime tyd nog behou vanweë die aggressiewer aard van hul oorlogvoering. In Wes-Europa het die piek ná 1715 byna volledig van die toneel af verdwyn. Dit is enkele kere weer gebruik (soos in Pruise in die middel van die 18de eeu, of in die Amerikaanse Leër in 1812 tot 1814), maar is egter slegs uit nood gebruik weens 'n gebrek aan ander wapens.[1][2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Beispiel für einen Pikenierharnisch, Deutschland um 1600
  2. Manfried Rauchensteiner, Manfred Litscher (Hrsg.): Das Heeresgeschichtliche Museum in Wien. Graz, Wien 2000, S. 11.